Hierdie naweek neem ons afskeid van ń huis wat baie lank deel van ons lewens was. Ek staan en kyk na die leë dop en besef, jy is nou net bakstene, vensters, ń dak en ń vloer, ons het jou deel van ons gemaak vir lank, maar nou is daar niks van ons in jou nie. Jy is net ń dop, in ons trommeltjies is al die mooi herinneringe gebere en as ons die deksel lig, onthou ons die mense wat in jou gewoon het. Jou tyd as deel van ons is verby.

Met ons aankoms in die Kaap, het ons huur huis gesoek, wat feitlik so skaars soos hoendertande was. Na ń week van wroeg en soek vind ons ń klein, klein huisie. Dis al wat daar is en ń erf wat vol molshope is. Ons het nie ń keuse gehad nie, ons moes dit dadelik neem. Dit was ń rowwe moeilike tyd in ons lewens. Dit daar gelaat vir ń ander dag se vertel.

So trek ons in die piepklein huisie in, baie vreemd, ek, my man, dogter in st8, ń kat en ń hond. Die garage is tot teen die dak gepak met meubels en dose vol goeters. Ons mooie tien sitplek tafel en stoele maak ons hang in die dak van die garage.

Ses maande bly ons so, toe bel familie lid van my man. Sy oorlede neef se vrou, ABSA het haar Citusdal toe verplaas vir 2 jaar, wil ons nie dalk haar huis huur nie. Dit was ń antwoord op gebed. Ruimer dorpshuid, goeie woonbuurt en lekker sentraal. Hier begin ons verhaal met Koringsirkel 12. Dis terwyl ons in die huis bly dat my dogter en haar man van vandag begin uit gaan, dis in die tyd dat ons seun terug kom van sy jaar in Israel op die kibbutz, heel onklaar met sy lewe verder. Dis die tyd dat ek weer moes terug keer na die werksmag. Vreemd, land ek as aflos by ń fabriek wat tools maak vir die vervaardigings industrie en filters vir voertuie. Totaal nie my forté nie. Ek moes leer met die spoed van lig. Ons seun begin deur ń Amerikaanse universiteit by ń kerkbgroep Teologie swot en in die tyd skop hy op. Ander storie. Raak verlief op sy sussie se bestie, minder aangename gevolge. So gaan twee jaar verby en sy kom terug. Ons huur huis, minder aangenaam en begin huis soek om te koop. 4 maande later koop ons huis in Wellington.

Nou skip ons tyd tot sus en haar outjie trou. Sy bly in ń silo, woonstel, erg doringrosie, op ń plaas. Dit is ook waar my Bali winkel, op ń varkplaas in ń hoenderhok is. Sy besluit na hulle troue as sy sou swanger raak sal sy onmoontlik die spiraal trap kan bemeester en hul begin huis soek. Op internet sien sy Koringsirkel 12 is te huur. Sy bel en hulle kry die huis, trek in.

Twee kinders later, Lisa nou 7 en Emma 3, moet hulle trek. Intussen het Cherize deel geword van die familie verlede jaar, sy is hulle Pleegkind. Jana het met haar werk, haar pad gekruis en lief geraak vir die kind, nou in gr12. Sy is nou ousus. Intussen moes Jana kind leer deel met twee outo imuun siektes, deur ń hele paar flairs gaan, deur allerlei medikasies, binneaarse meds ens. Emma ń wonderwerk, midde in hierdie siektes gebore. Haar werk het verander van lektor by Noord wes universiteit na eie praktyk, na tydelik by 2 skole werk tot nou 4 dae ń week by een skool en 1 dag by 2 skole werk. Tussen deur nog eie praktyk.

Hierdie naweek het ons huis op gepak en getrek, hulle het huis gekoop, maar moet vir intrim periode by skolnma hul bly. So Jana en Gerhard se vry huis het later hul en hul kinders se bly huis geword. Nou is dit die einde van ons pad met hierdie huis.

 

Advertisements

10 thoughts on “Afskeid

  1. Ek het ook al die land vol getrek en “besoek” gereeld ons vorige blyplekke met Google Earth – net om te sien hoe die tuin lyk, want dis gewoonlik waar ‘n stukkie van my hart agterbly. Sterkte met die trek en die nuwe woning.

    Like

  2. Ja, ek stem saam daardie huis opsê en trek het lekens sy eie waardevolle herinneringe. As mens dan weer terug gaan of kyk voel mens half hartseer want dit was tog immers jou plekkie vir n tydperk, goed of nie so goed nie. Ek het ook op n stadium nie plek gekry nie en kon toe net n garage huur wat in n kamer met twee beddens, stort en toilet omskep was. Ek my seun van 13 en n baba hondjie! Tog het mens dit oorleef.

    Like

  3. Dis vir my hartseer om totsiens te sê vir ‘n huis…..voel asof die mure jou storie ken. Hoop jou dogter hulle vind ‘n lekker blyhuis waar heerlike herhinneringe gemaak kan word

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s