So hele paar jaar gelede het ek die eerste keer met muisbosskerm kennis gemaak. Een Saterdagoggend het ek en my man op die ingewing van die oomblik besluit ons gaan die Weskus bekyk. Onscwas nog kort in die Kaap en ek was nog nooit by die Weskus nie. Ons het inderhaas klere in ń tas gegooi en pad gevat. Ons het op gery tot by Vanrhynsdorp en toe so kuslangs suid gedraai. Ons hrt laatmiddag by Lambertsbaai aangeland, plek bespreek by Muisbosskerm vir die aand, daarna plek gesoek om te oornag. Sien ons prioriteite was reg.

img-20190118-wa0000

Wat ń ondervinding! Jy het egter iemand nodig om jou voor die tyd te waarsku om baie min en stadig te eet. O goeiste dit was die een wonderlike gereg op die volgende, toe ons aan die einde by die kreef kom het ek tot barstens toe vol gevoel. Dit was die heel eerste en enigste keer dat ek so trommeldik was dat ek die aand nie my lê kon kry nie, ek was heeltemal ongemaklik, tot my skande. Dit was egter ń reuse kompliment aan die kokke, veral aangesien ek tot sover nie die grootste seekos eter was nie.

img-20190118-wa0001

Nou later in my lewe het ek op ń heel ander vlak met muisbosskerm kennis gemaak deur my vriendin Seline. Sien sy is familie van die Turners wat Muisbosskerm begin het en uit haar mond het ek die verhaal gehoor…

Haar ma se ma en Edward se pa was ń tweeling, net agtergrond. Edward en sy vrou was baie lief om die familie te onthaal, so het hy ń skerm gebou van muis(pis)bosse.

img-20190119-wa0000

(Dit is hoe die bossie lyk)

Omdat dit ń baie digte skerm gemaak het wat die wind uithou, langs die see ( waar Muisbosskerm tans is.) Die grond het op daardie stadium aan Edward se broer behomuisbosskerm-featureort. Desembermaande het die familie daar by mekaar gekom en Edward het op oop vure seekos gemaak. Krewe, visse ens. Die manne het met skuite uitgegaan en gaan harders trek. Vroulief het gesorg vir die brode en konserf.

Op ń dag het ń toerbus verby gekom en vir Edward gevra om vir hulle so seekos te maak, dit was die begin van ń heel nuwe wending vir die primitiwe skerm. Vandag is Seline se twee kleinneefs aan stuur van sake, Edward is ń paar jaar terug oorlede. Hul moeder Elmien is nog steeds aan die woel in die kombuis met konfyte en dies meer, maar vandag is dit ń groot bedryf en woel dit in die aande daar van toeriste. Hulle het goed opgeleide personeel wat die braai en bakwerk doen.

 

Dit is ñ fees om daar in die oopte met die see hier neffens jou, heerlike geure vanaf die oop vure te ruik. Daar word gewoel en gewerskaf. Letterlik die een na die ander gereg word gaar gemaak, toggie tog, die heerlike warm brode met plaasbotter wat smelt en geel afdrup is mos moedertjies melk vir enige mens. Die vis wat vars op die kole gaar gemaak word, heerlike stowe patats. Moenie al die bredies weg gooi nie, smul lekker. Die krewe wat nog vars van die see gaar gemaak word, laat jou lippe af lek. Tertius en Ian, die twee broers aan die roer van sake kwyt hulle goed van hulle taak en is twee uitnemende gashere.

Ons het heerlike aande hier deurgebring en elke keer was die kos liplek lekker. Die atmosfeer is fantasties en jy maak sommer nuwe vriende daar, of loop mense raak wat dieselfde kennisse as jy het, dan kuier julle soos ou vriende. Dit word altyd laataand kuiers daar om die vure.

20 thoughts on “Muisbosskerm

      1. Hier rond is vars seekos nie so geredelik beskikbaar nie. Die see is leeg geoes en hier is beslis nie die verskeidenheid wat aan die Weskus gekry word nie. Ons koop alle vis en ander seekosse klaar verpak, net so nou en dan ‘n vars vis wat in die diepsee gevang is.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar op trommeltjies Kanselleer antwoord