Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ‘n virtuele toer deur Suid-Afrika onderneem. Die gasblogger van die week moet op ‘n Donderdag, op die datum wat toegewys is, ‘n blog skryf oor hulle tuisdorp/-streek, asook ‘n fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuiste.

img-20190114-wa0000

Ek het besluit om ondanks talle probleme tog deur te druk en vir myself ń fees te reël. My dogter het gou ń uitnodiging gemaak en ek het uit gestuur.

20181109_134246

Soos julle kan aflei was my hele idee dat wat jy daar uitkies en verf word my verjaardag geskenk. Ietsie wat my altyd sal herinner aan hierdie dag.

Uit die 12 uitnodigings het 10 dames saam gegaan. Ons het by my huis bymekaar gekom en toe almal in twee karre Houtbaai toe gery. Dit was pret van die begin af. Daar is omtrent geklets in die karre.

Towerinne julle ken nou al Clay cafe, maar vir die wat nou nie so bevoorreg was om met die groen bus te toer nie, vertel ek gou.

Dit is img_2778ń restaurant met ń twist. Jy gaan daarheen hoofsaaklik om jou kreatiwiteit uit te leef. Jy kies ń klei artikel wat jy dan gaan verf, jy verpersoonlik dit. Daar is allerlei hulpmiddels soos stensils, plakkers, spykers, paperclips ens, dan natuurlik verf en kwaste.

Dit was ń vrolike klomp vroue wat aangeland het by die Clay cafe. Ons was gewapen met twee reuse balonne wat ons banier vir die dag sou wees.

Ek het twee heerlike platters bestel en vriendin Isabel het die heerlikste kaaskoek vir my gebak.

img_2853

 

Groot was my verassing toe die towerinne opdaag by hierdie viering. Jy kon my met ń veertjie om tik. Hulle het in die geheim nog ń tafel bespreek en ingeval by die groep. Hierdie wzs Toortsie se idee. Jy is darem net te oulik Toorts. Nou was nog ń jare lange hartsvriendin, Una, by my verjaardzg viering. Hulle kon toe sommer twee van my vriendinne wat hulle al ontmoet het weer sien. Isabel, wzt die heerlike piekniek mandjies gepak het vir Seinheuwel en Lise, my sendeling vriendin wat ons van All nations kom vertel het by die einste Clay cafe. Lise is ook ń kranige skilder, soos julle haar bord kan sien.

img_2857

Almal het heerlik gekuier, ons het elkeen ń glasie wyn geklink op hierdie mooi dag met vriendinne en towerinne.

 

img_2866

Ons moes natuurlik geweet het met die towerinne daar sou daar ń paar wees wat uit haak. Ons kry vir Seegogga, Positief en Woordnoot mos op die klimrame saam met die kinders.

img_2800

Hester sit op ń stadium droom verlore met haar voete in die stroompie water. Bondelsgedagte sing ewe kliphard , 🎶sal ons ou kennisse ooit vergeet🎶, terwyl sy heerlik verf aan baie moderne bord. (Hier onder is die eind produk).

img_2785

 

IMG_2863.JPG

 

img_2850

My liefste dogter, Jana aan die verf. Kyk net daardie heerlike spinasie en feta quiche.

img_2844

Ek het ook darem geverf, baie minimalisties, want ek wou met almal kuier.

 

 

img_2895

Baie dankie vir al my wonderlike verjaardag geskenke wat so uit julle eie persoonlike kreatiewe harte kom, ek gaan dit koester en aan elkeen dink as ek hierdie artikels gebruik. Towerinne baie dankie dat julle ook deel kom word het van my fees

img_2827

(Inlinkz wil nie dat ek hierdie post link nie, help asb)

28 thoughts on “Ons hou fees

  1. Sjoe!!! Wat ‘n awesome dag om saam met al jou hartsmense deur te bring, en dit op so n oulike manier! Baie geluk weereens en dankie dat ons kon deel wees….hoop nie ons het jou in die skande gesteek nie!!

    Liked by 1 person

  2. Liewe daar gebeur so baie dinge dat ek nie meer weet of ek kom of gaan nie. Seënwense as ek jou nog nie geluk gewens het nie. Dit was ‘n briljante idee vir ‘n verjaarsdagpartytjie. Daardie kaaskoek het omtrent vermeerder 😁😁😁

    Like

Lewer kommentaar