Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ‘n virtuele toer deur Suid-Afrika gaan onderneem. Die gasblogger van die week moet op ‘n Donderdag, op die datum wat toegewys is, ‘n blog skryf oor hulle tuisdorp/-streek, asook ‘n fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuiste.

Die kuiergasbloggers vir die week (en hulle lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ‘n blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ‘n eie ondervinding in daardie provinsie / streek / dorp, deel herinneringe of plaas fotos wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger se streek / provinsie afspeel. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees.

Die vroeë opstaners het op die strand gaan stap en die pragtige oggend geniet. Dit was een van daardie goue oggende, wind stil met blou bloue lug. Niemand het die moed gehad om te gaan swem nie.

Vir ontbyt het ons na Maestro’s gery by Woodbridge island. Dit is een van ons gunsteling restaurante. Hulle bedien ń heerlike buffet ontbyt. As jy buite op die stoep sit, strek Tafelbaai voor jou uit met ons geliefde Tafelberg wat uittroon bo die stad. Die strand lê letterlik aan hier aan jou v. Daar is lekker ge eet en geklets. Almal was baie nuuskierig oor wat voorlê. My lippe was gesnoer.

Ons het in die giggel groen bus geklim en pad gevat verby Kirstenbosch na Constantia nek, daarna het die pad al kronkelend af geslinger na Houtbaai.

Ons het by Clay cafe ingedraai. Nou, towerinne hier gaan julle kan uiting gee aan julle kreatiwiteit. Ek het gedink ons kan elkeen ń beker verf wat ons kan skenk aan die All nations hoofkantoor in Noordhoek. Julle sal nou nou bietjie meer van hulle hoor. My vriendin LiseMari gaan ons hier ontmoet om ons bietjie in te lig oor wat All nations doen.

Clay cafe is in 1998 gestig hul doel is om jonk en oud hul kreatiwiteit los te laat. Jy verf ń pottery item, verpersoonlik dit met jou eie kuns.  Na dit geverf is word dit geglasuur em gebak en kan na drie weke af gehaal word. Daar is ook ń heerlike tuin wat beskut is en ń speelpark.

20181109_134246

Binne het ons plaas geneem by ń lang tafel wat met papier bedek is, een van die werkers daar het ons ingelig oor hoe dinge werk. Ons het almal vir ons verwe en gereedskap gaan haal. Dit is altyd so ń moeilike keuse om kleure en gereedskap te kies. Sodra jy egter weet wat jy wil verf raak dit makliker

 

Bondelsgedagtes het natuurlik voortou geneem, sy was nou behoorlik in haar element. Sy kon nie wag om haar kreatiewe gees vrye teuels te gee nie. Sommiges was half onseker oor wat hulle gaan verf. Perdebytjie, Woordnoot, Positief en Lekkervurig moes net eers ń vinnige draai in hul pragtige tuin gaan stap

 

Ons het drinkgoed bestel, Clay cafe is ń volwaardige restaurant. Dis nou as jy kans sien om ń bord kos te eet so tussen die verf deur of jy kan sommer net ń vingerhappie bestel om aan te peusel. Ons het nou nie vir een van die twee kans gesien nie.

20181109_133825

Lise Mari wat ń sendeling is en onder die vaandel van All nations werk en het ons gou ingelig. Sy doen sending werk onder die indiane in New Mexiko. Op die oomblik is sy al meer as ń jaar in Suid Afrika en gee kuns by Ubuntu soccer Acadamy in Kommetjie. All nations werk in venootskap met die Heilige Gees om gemeeskappe van Jesus volgelinge te ontwikkel en dissipels te maak reg oor die wereld. Hulle bied ook opleiding aan vir sendelinge. Sendelinge kom ook na hulle om te ontstres as hul terug kom van die sending veld. Ons bekers sal hul koffie drink tye verhelder.

Hierna vertrek ons na Houtbaai hawe waar ons by Mariners warf ń vis en chips of slaai gaan eet. Hierdie is ń baie gewilde besoekpunt. Houtbaai is 5km suid van die middestad van Kaapstad. Lê aan die suide kant van Tafelberg. Pragtige wit strande.

Hier is ook die plek waar die Red bull wave Africa branderplank kompetisie aangebied word. Dit vind plaas tussen Mei en Aug wanneer die golwe 4.57 – 6.10m bereik. Dit vind plaas by die “Dungeons”. Een van die 16 plekke in die wereld vir die big wave.

 

Ons het ń tafel gevind na ń soektog. Sommige van ons moes plek hou terwyl die ander gaan tou het vir kos, Die kos kom in klein boksies. Vakansietye is dit ń miernes. Deel van die kompleks is Mariners warf, Mariners chest, Shipwreck shop en Pearls in the oyster. Dit is ook lekker om sommer by die hawe rond te stap en na al die visserskuite te kyk, daar is ook allerlei Afrika-stalletjies. Vanaf die hawe kan jy ook met ń boot uitry Robbe eiland toe.

Screenshot_2018-12-16-00-37-45

By Google geleen.

Hester was in haar element so by die see en die hawe en het sommer met van die vissermanne ń geselsie aan geknoop. Die res het gou kom saam luister na die verfrissende sê goed van die manne. Die kleurlinge in die Kaap is mos bekend vir hul unieke taalgebruik en sê goed. Almal het geskaterlag. Seegogga en Toortsie het sommer hul alm in die beurs kom gooi. Virgo C het gelag dat die trane rol.

Dit was tyd om te vertrek. Ek kon darem nie net met die towerinne in die suide kuier nie, ek bly mos Noord  van die boerewors gordyn. In die Kaap is die suide oorwegend engels en die Noorde afrikaans, van daar die benaming. Boonop moes ons darem nog ń wynplaas besoek. Una sal my nooit vergewe as sy die Kaap moet verlaat sonder hierdie besoek.

Oppad na Paarl met die N1 langs is daar ń paar wynplase langs mekaar. Ons gunstelinge is Spice route en Fairview. Ek het besluit ons stop eerste by Fairview. Hier kan ons Kaas en wyn proe. Vir die nie wyndrinkers skink hulle ń glasie druiwesap.

Fairview is ook bekend vir hulle bokmelk kaas. Met die stap van die parkeer terrein af is daar bokke om jou te begroet. Die een ou ram is behoorlik ń bielie, die ooitjies lyk baie klein teen hom.

Binne betaal ons vir die proe en gaan staan by een van die toonbanke. Daar word ses stukkies kaas in ń bordjie voor jou geplaas en dan word die kaas met ń wynsoort gepaar.

 

Ons moes ook die winkel besoek. Frannie het die broodjies net een kyk gegee en besluit dis tyd dat ons broodmandjie nuwe broodjies kry. Die towerinne het omtrent die winkel op horings geneem.

Nou is ons weer oppad na Spice route. Hiedie plaas was eers Seidelberg, maar het in ń ware Spice route ontwikkel. Hier het ons die sjokolade proe gaan doen. Hier is omtrent opinies gelig, aangesien party dames glad nie van donker sjokolade hou nie. CBC bierbrouery is ook op die plaas en jy kan ń bier en biltong proe gaan doen. Daar is ń koffie roostery, ń roomyswinkel, ń pizzeria, ń wynproe natuurlik en nog ń restaurant. Die groot bome het uitlokkend hul koelte oor die tafeltjies gegooi en die uitsig is pragtig.

Ons moes nou helaas maar elkeen sy koers laat inslaan. Smake verskil mos. Perdebytjie, Frannie, Toortsie het die koffieplekkie opgesoek, Woordnoot, Bondelsgedagtes en Virgo C moes net roomys gaan eet. Una, ek en Seegogga het gaan wyn proe. Hester, Dis ekke en Positief was lus om onder die bome flamkuchen te eet. Lekkervurig en Scrappy is na die bier en biltong proe. Gaan dit hier oor die bier of oor die biltong?

Hoe ons hierdie towerinne weer in die bus gsan kry is ń groot vraag. Hulle sal ons maar moet uitsmyt, ek sien hier kom ń groot parytjie aan. Nou kan julle jul verbeelding vrye teuels gee oor wat verder gebeur.

 

 

33 thoughts on “Kaapse toer dag 2

  1. Ek is heeltemal uitasem na hierdie grootse dag! Soveel om in te neem en te doen, Trommeltjie, en jy het dit alles aan ons voorgestel! Geen wonder julle Kapenaars bly so lekker nie… En nou is ek dors, baie ook…

    Liked by 4 people

  2. Nou moes ek eers flamkuchen gaan google, sodat ek ook weet wat ek eet. Amperse pizza, mmm lekker.
    Dankie vir die avontuur, gelukkig in blogland kan ons eet sonder om vet te word en drink sonder om dronk te word, yaaaayyyy

    Liked by 2 people

  3. Dis mos die Kaap op sy beste!!! En omdat dit so laat donker word, het ons lekker tyd gehad om alles in te pas, en soos Positief sê, ons kon eet en drink sonder om vet te word…..en o wee!!!! Wyn drink sonder om gekoring te raak!! Baie dankie vir hierdie heerlike twee dae.

    Liked by 2 people

  4. 🍦🍦🍦🍨🍨🍨whohoooooo, ek is mal oor roomys! Ek het heerlik ge eet en gekuier, my hart sing oor die Kaap en Trommeltjies jy skryf alles so raak, dankie vir awesome kuier en eet en drink en sommer alles🌻🌻

    Liked by 1 person

  5. Oooo daardie donker sjokolade dis my beste sjokkie! Oor die bier en biltong wil ek nie uitbrei nie. Die soutigheid van die biltong maak mens lekker dorstig! Ek is natuurlik ook mal oor roomys. n horinkie roomys met vanilje roomys is die lekkerste, so al lekkende en druppende. Hemels moet ek sê.

    Like

  6. O maar dit was n heerlike dag! Ok ek moes seker n bietjie ingesluimer het daar op die gras, na daardie wynproe, maar was darem betyds wakker om die pragtige sonsondergang reg agter Tafelberg te sien. ‘n Mens kan amper nie glo dat jy dit van Spiceroute daar by die Paarl af kan sien nie, en dis net pragtig verby. The end of a perfect day.

    Like

Lewer kommentaar