Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ‘n virtuele toer deur Suid-Afrika gaan onderneem. Die gasblogger van die week moet op ‘n Donderdag, op die datum wat toegewys is, ‘n blog skryf oor hulle tuisdorp/-streek, asook ‘n fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuiste.

Die kuiergasbloggers vir die week (en hulle lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ‘n blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ‘n eie ondervinding in daardie provinsie / streek / dorp, deel herinneringe of plaas fotos wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger se streek / provinsie afspeel. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees.

Ek was baie opgewonde om die giggel groen bus hier in ons mooie Kaap te verwelkom. Hier is eintlik so ń groot verskeidenheid dinge om te doen, dat ek behoorlik moes kop krap en ń proses van illuminasie toe pas.
Die klomp dames het hulle mos omtrent gate uit geniet daar by die suidpunt, voor ons vakansie breek van vakansie.

Ek het sommer laas nag by Seegogga se gastehuis geslaap, sodat ons vroeg in die pad kon val. Vandag kom die res van die towerine aan by Kaapstad lughawe.

Ons moes natuurlik by Elgin eers vye gaan koop. Die towerinne sou ons nie vergewe as ons sonder vye opdaag nie. Hulle moes juis, met ons skielike op ys plaas van die toer hul vye kopery mis.

Daarna was Peregrine aan die beurt. Hier is heerlike mosbolletjies, droë vrugte en appels gekoop. Daar is ń groot appel pakhuis – Kromco daar naby. Hulle het altyd ń winkel daarby gehad en ons het bokse appels daar gekoop. Nou word dit by Peregrine verkoop. Ons het vinnig ń ontbyt genuttig en sommer wegneem koffie gekoop. Hierdie is ń baie gewilde en route stopplek en het met die jare geweldig uit gebrei.

By Kaapatad lughawe het ons die towerinne met ń grrot plakaat, waarop geskryf staan, WELKOM AAN DIE TOWERINNE IN KAAPSTAD. Is ons nou skeef aan gekyk deur die mense oor hierdie bewoording. Ons het net heerlik in ons mou gelag. Die gejillery en gegillery toe hulle die aankomslokaal binnestap was nou weer in ń heel ander klas, daar is gedruk en gebabbel.

Lorenzo het ons ingewag met ń silwer skoon groen bus wat goed versien is en sy bande behoorlik nagegaan is. Moenie bekommer nie towerinne behalwe al die langs-die-pad inkopies, is die wyn en frangelico aangevul. Die mandjie met broodjies staan reg vir Frannie om weer onder haar wakende oog te hou. Sjoe, ek is bly dit is nou nie meer my verantwoordelikheid nie.

Ons is nou oppad Kirstenbosch toe. Ek het vir almal gesê om gesê om gemaklike skoene aan te trek en sonhoede op te sit, ons gaan heerlik deur die tuine wandel.

In Kirstenbosch sal jy nog ń gedeelte van ń heining van Wilde Amandelbome vind wat deur Jan van Riebeeck aangeplant is. Die naam Kirstenboch verskyn die eerste keer 1795 toe  dit gelys is as op ń inventaris wat gemaak is van eiendomme wat oorhandig moet word aan die Engelse.  In 1895 het Cecil John Rhodes hierdie grond gekoop, hy het ń opsigter aan gestel en ń laning Kamferbome geplant asook Moreton bay vye.  Met sy dood in 1902 is die grond aan die goverment gegee. Op 10 Junie 1913 is die Botaniese vereeniging gestig. Harold Pearson die voorsitter het die noodsaaklikheid van ń Botaniese tuin in die Kaap besef. Die goverment het £1000 per jaar gegee vir die oprig en instandhouding van die tuine. Die eerste 50 jaar is alle ontwikkeling van die tuine met die hand gedoen, vandag gryp ons masjiene om die swaar werk te doen. Die pragtige klip paadjies, rotstuine, terasse is alles te danke aan die hoë standaard werk wat gedoen is in daardie moeilike begin jare.

Hier is ook talle stappaadjies vanuit die tuine om teen Tafelberg op te stap. Ons het hierdie roetes al self drie keer gesap, welliswaar het ons nooit vanaf Kirstenboch die berg bestyg nie, maar af geklim vanaf die berg, om te eindig in die pragtige tuine. Vandag moet jy liewer in groepe stap ter wille va veiligheid, daar het al heel party aanrandings en rowery plaas gevind by die berg.

Na die gevliegery en geryery was almal lekker moeg en ek het besluit ons gaan eers die innerlike versterk by Moyo, dit is ń Swahilli woord en beteken hart.

Screenshot_2018-12-16-00-59-47

Hierdie is ń Afrika restaurant met Afrika cuisine en -musiek. Hulle het ń baie interresante spyskaart met disse soos, gebraaide mopanie wurms, krokodilstert pasteie, Spicy north african chicken tagine, mieliemeel gerolde garnale ens. Daar is darem ook meer gematigde kosse vir die met swak harte (soos ek). Terwyl ons wag vir ons kos het van die towerinne se lywe op die ritme van die afrika musiek begin beweeg. Dit het ons terug geneem na ons straat dansery met die taxi manne in Pretoria.

By ons tafel het twee vroue gevra of hulle ons gesigte kan verf met spotting patrone. Ons het te mooi gelyk. Hulle het ook vir ons Tula-tula baba gesing, Toortsie en Bondelsgedagtes het ingeval, ons ander het ritme gehou. Scrappy was skoon aangedaan en moes ń traan weg pik, Frannie het vinnig ń snesie aangegee.

Na ete het ons ń wandeling onderneem. Perdebytjie en Hester het dadelik begin vertel van die plante. Una, Woodnoot en Kameel wou opsluit onder ń boom gaan lê. Virgo C het hulle vinnig opgejaag met ń “Kom, kom dis nie nou tyd vir siesta nie!”

fb_img_1546755055342

Hierdie wandelbrug is op 15/5/2014 geopen, hy is 13m lank en is 12m bo die grond. Toemaar meisies hier wandelbrug is stewig met goeie reelings aan die kante, julle is heeltemal veilig. Terloops die brug het 5miljoen gekos en is ontwerp met ń slang se skelet in gedagte. Kom ons gaan bewonder die tuine van daar bo af.

Hierna het ons heerlik lui lekker deur die tuine geloop. Sommiges het wel nie baie gestap nie, maar helaas in die koelte van ń boom neer geval. Sal nie name noem nie, Virgo C en Woordnoot het net kopskuddend weg gestap. Perdebytjie was net doenig met foto’s neem. Hester het opgewonde na plante en voëls gewys en het behoorlik geklink of sy ń gesoute toerlyer is soos sy die name uitryg.

Ons kon nie te lank kuier nie, ons moes nog gou gaan in boek by die hotel. Ek het vir ons bespreek by die Dolphin beach hotel. Elke kamer het ń balkon wat uit kyk op die see en tafelberg. Die hotel is heerlik sentraal.

20180102_094129

“Kom kom meisies ons moet vyf uur by die Waterfront wees en onthou die warm dingetjie, die windjie kan koel raak later.” Nogsteeds geen stilettos nie, lekker stap skoene. Kon sien die stapskoene en Waterfront het nou nie heeltemal sin gemaak nie.

IMG-20181217-WA0009

By die waterfront verruil ons die giggel groen bus vir ń rooie, Lorenzo kry nou ook kans om terug te sit en die Kaap te geniet. Ons onderneem ń kort stads en see toertjie. Die oorfone wat ons met ons aankoms gekry het gee die hele tyd inligting, in die taal van jou keuse, oor al die plekke waar ons verby ry, vervleg hierin is sommer bietjie geskiedenis ook. Ons sit heerlik op die boonste oop dek en adem die see lug in.

Ons bestemming op hierdie laat middag/vroegaand is Seinheuwel waar ons ń piekniek gaan hou terwyl die son oor die see sak. Seinheuwel was die plek waarvandaan die kanon geskiet het as daar ń skip in die hawe gekom het, sodoende het die mense geweet en kon hulle kom goedere kom aankoop of net kom loer wie nuut aankom in die Kaap. Vandag nog om 12uur word die kanon af gevuur.

signal-hill-cape-town

Groot verassing vir die towerinne met ons aankoms is die hele entourage van harley’s. Frannie gee so ń sagte vroulike gilletjie toe sy Silver gewaar. Nou is daar weer van voor af gegroet en gebabbel.

Vriende van ons het ń restaurant in Riebeeck Wes, die Oude Schuur, Isabel het vir ons die heerlikste piekniekmandjies gebring. Vir Toortsie ń spesiale banting mandjie. Drinkgoed het uit ń balie met ys gekom en was dus ń ware lafenis

Perdebytjie was net doenig met haar kamera en wil alles uit elke moontlike hoek afneem. Net daar dat die drama ontvou, madam moes nou juis bo op ń rots klouter vir ń beter hoek, toe haar voet gly en sy (gelukkig) op haar sitvlak na benede wip om net mooi tussen ń groep piekniekgangers tot stilstand te kom. Katastrofiese gevloge, die bakke kos het deur die lug getrek en drankies uitgestort. Arme Perdebytjie se gesig was rooi soos beet en het net die hele tyd apologie aangeteken. Gelukkig was dit nie knorpotte nie en na die aanvanklike skok is daar heerlik gelag. Aangesien ons mandjie hopeloos te ruim was, het ons hulle sumier oorgenooi om saam te kom eet en drink. Virgo C het laat spaander bus toe om die noodhulpkissie te kry en gou al die skrape en stukkende plekke te ontsmet en die nodige pleisters aan te bring. Gou gou was almal gesellig aan die kuier.

Hester staan op en kondig aan sy moet darem ook ń paar foto’s gaan neem, bars almal weer uit van die lag en met hope waarskuwings is sy daar weg. Toortsie het intussen haar kitaar uitgehaal en begin speel, Kumba ya my Lord….. Bondelsgedagtes en Una het dadelik weg geval en begin sing, sommiges het saam geneurie, tyd gehou op kastige dromme en ander het ook ingeval en begin saam sing. Wat ń vredevolle mooi sonsondergangtyd het ons daar saam gehad. Ons het net die kampvuur gekort.

 

Ons moes ons omtrent terug sleep bus toe, hierdie was werklik so vreedsaam en mooi. Ons het vir Con en Isabel gegroet en behoorlik bedank vir die eetgoed, soos altyd het Isabel nie teleurgestel nie. Ons is weer terug Waterfront toe. Dit was aansienlik stiller in die rooibus met ons terug ry, jy kon sien almal se gedagtes het op ver paaie gaan loop.

Die Waterfront is een van die gewildste besoekpunte vir toeriste in die Kaap, dit is baie besig in vakansie seisoene. Gelukkig het almal nou reeds terug gekeer na die skoolvakansie en was dit rustiger. Vir my wat in die Kaap woon, bly dit die plek waar ek onmiddelik getransformeer word in ń vakansieganger, die atmosfeer hier is reg deur die jaar een van vakansie. Ons mees geliefde eetplekkie is Quy4. Jy kan sommer hier reg langs die water sit, met bote wat die heeltyd in- en uitvaar. Dis dan ook waar ons, ons gaan tuis maak, vanaand defnitief nie vir die kos nie. Daar is sommer vinnig coctails bestel en beproef. Die harley manne het ook hier by ons aangesluit en dit was nie lank nie of Silver gryp Frannie om die lyf vir n dansie. Dit pla ons mos nou glad nie dat daar nie ń amptelike dansbaan is nie. Hoeka is dit vanaand ook nog kareokie aand. Dit is nou so reg in die towerinne se kraal. Ek het geweet, hierdie gaan ń laat aand word. Wonder bo wonder was Lorenzo die eerste een om agter die mikrofoon in te skuif. Wat ń stem! Die man verbloem sy talente. Lekkervurig en Kameel verras ons toe ook daar met ń wrap duet. Dis ekke het sowaar ń ramshoring (klein) uitgepluk en geblaas onder luide toejuiging. Aan die talent het dit nie ontbreek nie. Virgo C het ons vergas met ń oosterse dans, mensig kan sy daai heupe swaai. Seegogga, Toortsie en Positief het lekker afrikaanse liedjies gesing. Die oorsese toeriste het dit nou behoorlik geniet. Woordnoot het die mooiste gedig voorgedra. Hester en Scrappy het ons laat skater met hulle grappies.

Hoe later, hoe kwater het dit gegaan, die towerinne het omtrent lyf geswaai tussen die tafels. Ons het mos lanklaas lekker saam gekuier, of sal ek sê gejol. Dit was ń baie vrolike towerinne wat by die hotel aangekom het ou nag. Ek het nog vir ń tydjie op my balkon gaan sit om na die see te luister terwyl my gedagtes pad vat, kort kort moes ek weer giggel en soms net stil glimlag by gedagte aan hierdie kosbare vrouens wat kan jol in oormaat, maar ook diep stil kan word met tye.

75 thoughts on “Kaapse toer dag 1

    1. ‘n Mens kon sien hoe geniet jy jouself van die oomblik toe jy op die lughawe aangeland het Una. Tot Lorenzo het ‘n stywe druk en klapsoen gekry…en dan vertel jy jy is nie een vir ‘n gedrukkery nie 😘

      Liked by 2 people

      1. Ek kon dit sien 😁😁😁😁 die verlang na Lorenzo. Unatjie jy weet mos by nou my oë bly op jou…kyk altyd of dit goed gaan. Nou kan jy antwoord “Ja ma, ek weet.” 🙄

        Liked by 1 person

  1. Trommeltjies! Jy het vir ons letterlik en figuurlik besig op die eerste dag terug aan die toer, gelukkig het ons tweetjies ons 60e verjaar reeds afgerus! Daai tuine! Dankie! Dis ook net saam met Towerinne dat ek die Waterfront sal aanpak, ek kry angsaanvale in daai sentrum se spitstyd, weet nie hoekom nie. Die plek oorweldig my, ek wil net weghol weg van die gedruis! Jy was slim om my liewer na sonsak daarheen te laat gaan! Ek is so kinnerlik bly om weer ons geliefde groenbus saam met my Towrinne te beleef. Ek het vuriglik na julle almal verlang! 😉

    Liked by 2 people

  2. Sjoe, ek was skoon uitasem aan die einde van die dag. Ons het sowaar die moyo van Kaapstad aangeraak met al hierdie avonture: die Berg, die see, Kirstenbos, Seinheuwel – die name rol so in my mond rond. Ek neem aan dat Lorenzo van nou af ook die voorsanger op die bus gaan wees? Dankie, ek het dit vreeslik geniet.

    Liked by 2 people

  3. Dankie Trommeltjies, dit was nou sommer lekker om almal weer te sien en ons het behoorlik gejol.
    Lorenzo het ons almal verbaas met sy talente, ek is seker did die waagmoed van die towerrinne wat hom aangespoor het.

    Liked by 2 people

      1. Ja nee, loop mos die mannetjie bt Bloubergstrand raak, loop hy hand om die blaas met ń model mooi poppie. Vertel my kwansuis hy gazn nou saam met haar terug Italië toe. Haar ouers is glo skatryk boere daar. Hy wil nou kwansuis gaan boer. Ek moes mooi prast en verduidelik dat die toer byna verby is, dan kan hy mos nou saam met haar gaan. Eers toe sy besluit om hom in elke dorp te ontmoet, waar die groenbus stop, het hy sy planne verander. Die liefde is nie blind nie, maar sommer dwaas ook.

        Liked by 1 person

  4. Ai Trommeltjies…hierdie ongelooflike blog ruk sommer memory bokse oop, amper soos die Suidoos wat so verwoed waai. DAnkie hiervoor. Ons het almal nou so goed uitgerus, nou gaan die vonke spat!

    Liked by 2 people

  5. Ag hoe lekker het ons nou so saam gekuier na ons vakansie. Die volgende keer wanneer ek uit my kassie uitspring om te sing stop my asb dadelik!!!! Ek lag nou nog vir Perdebytjie wat van die rots afgetuimel het….maar sy klim en klouter mos waar sy nie moet nie. Dit was heerlik dankie!!!

    Liked by 4 people

      1. Aha…..o my siel…..nou sien ek ons twee!!! Ag lekker man….nou moet ons net ‘n liedjie of rympie opmaak dan oefen ons voor die spieël vir ‘n volgende vertoning. 😂😂😂😂

        Liked by 2 people

      2. Ek het ook eers ‘n breek gevat….die karakters tas mens se gemoed werklik aan. Maar dis goed om na die derde boek ‘n regmerkie te maak en te sê “Mission accomplished.” Die tweede keer het ek al drie na mekaar gelees…en sowaar ek het weer net so kwaad vir Kristen geword. Ons sal maar ons monniksklere moet aantrek en chant 😣

        Liked by 1 person

    1. As julle my soek ek lê daar in die mooie tuin onder ‘n boom en luister na die voëlgesang. Moenie vir Hester sê ek skinder van haar nie…maar sy sou onder daardie boom met Johannes se stem in haar ore gelê het. Geen voëlgesang vir haar nie!!!

      Liked by 2 people

  6. Oeeeweeeeee heerlik heerlik heerlik!! Hallo julle, ek het julle soooo gemis. dit was so prettig om almal op die lughawe te groet terwyl almal ons so aanstaar. Mens kon sien Lorenzo het netso verlang. dankie trommeltjies dit is nou n lekker kuier. Ai man was die gesingery nou lekker!! Ek is so bly Perdebytjie het nie seer gekry nie, dit was darem vrek snaaks ek kon nie help om te lag nie…

    Liked by 1 person

  7. Nou antwoord ek eers so stuk-stuk. Ons het so lekker geëet by Mojo. Is dit by Kirstenbosh? Ek sal graag my gesin soontoe wil neem. Daai musiek! Oeee! En die kos! Heerlik! Maar ek gaan nie mopaniewurms eet nie! Was dit Scrapy wat so weggelê het daaraan?

    Liked by 1 person

  8. Wat ‘n heerlike inskrywing, Trommeltjies! Ek het nou bietjie laat hier aangekom, maar liewer laat as nooit. Ek is natuurlik potblou van die val, maar gelukkig kon ek my kamera in die lug hou, terwyl ek neerstort…dus geen skade daar nie.

    Like

  9. Ai, ek is effe laat met respond, maar ek het heerlik gelees en gekuier en jy my laat voel ek was sommer terug inni Kaap. Dit was awesome geskryf, my heupe nog effe seer na al die geswaai, maar nou ja. 💃💃💃

    Like

Lewer kommentaar