So het ek nou al 3 weke terug my inskrywing gedoen op die parkrun web, maar elke week spring daar ń nuwe haas uit die hoed, wat my verhoed om te gaan deelneem.
Hierdie week het ek besluit buig of bars hierdie bul moet nou by die horings gepak word. My strepieskode negjies uitgeknip in my sakkie, ń bottel water. Baie belangrik aangesien skoonsus die vorige Saterdag, op die einste parkrun, wou omkap en dr toe is agv dehidrasie en ontsouting.

Alleen alleen klim ek in my karretjie oppad na Meerendal. Dit is ń wynlandgoed net buite Durbanville waar die parkrun plaasvind. Ek voel kompleet groen en so in die ry sit ek nou en wonder wat nou op my wag.

Kom ek vertel gou eers vir julle van Meerendal, dis nou vir die veldfietsryers ń heerlike ry plek, daar is verskeie roetes in moeilikheidsgraad gemerk. Daar is ook twee restaurante, natuurlik wynproe, maar daar is ook gin proe .
Bondelsgedagtes, hier dink ek nou spesiaal aan jou. By die gin hou ek maar verby, ek doen nie bitter nie.

Hulle hou ook allerlei funksies op Meerendal. Daar was juis gister ń Beerfest, so daar was klomp tente opgeslaan.

Met my aankoms het dit skoon vreemd gelyk. Klomp motors al geparkeer, al was ek heel vroeg. Mos nou nie geweet hoe die vurk in die hef steek nie, so maar gesorg dat ek vroetydig daar is vir die wis en die onwis.


Aarde land maar daar was baie mense, ek sien later by die uitslae, wat nogal so ewe vir jou per e pos geztuur word, daar was 814 deelnemers.
.
Dit was op grondpaaitjies op die plaas. Baie goed georganiseerd. Die 5km was nogal ń stap, ek is nou nie van die fikste op die oomblik nie. Al my Kanada fiksheid alweer verloor.

Sal ek dit weer doen? Beslis. Dit was goed om weer ń slag tussen so ń klomp mense deel te neem aan iets. Dit het my nogal na my hardloop dae laat verlang. Bo en behalwe alles, ek het goed gevoel na die tyd.

Dankie Toortsie en Hester vir die inspirasie.

11 thoughts on “Parkrun

  1. Ek het ons s’n ook al ‘n paar keer gemis a.g.v. slegte weer, maar ek staan elke Saterdagoggend hoopvol op om te kyk of die wind gaan lê het. 814 is geweldig baie mense – ons het gemiddeld so 350, maar ons paadjie is ook so nou, ons pas net-net in, en plek-plek moet ons deur parkeerplekke beur. Ek is bly jy het dit geniet daar op die grondpaaie.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s