Vandag sit ek langs my skoondogter in ń restaurant en die harseer kom sak soos ń wolk oor my en kom maak homself tuis in my hart.

Ek het vir haar gesê praat met my oor Lienke, ek wil met jou woorde vir my n prentjie skep van die mensie wie sy is, want ek ken haar nie.

Ons skype wel gereeld, ek hoor haar en sien haar, maar ek ken haar nie.

Terwyl skoondogter praat ontvou ń binnemens van die buite beeld wat ek ken. Ek stap saam in die skool en in haar buite skool lewe, ek hoor wat lees sy, wat speel sy, wat luister sy. In die vorming van die beeld begin my hart pyn, so ń diep pyn dat die moeg oor my ouma hart kom toe vou en sommer oor my mens, ek weet dat ek hierdie besondere sterk en wyse mensie nooit regtig sal ken nie.

Ek is so trots op haar jonge wysheid. Haar mondjie wat vir mamma sê sy weet nie wat van die kinders gaan word nie want hulle is nie gedissiplineerd in hul werk nie en as mens eendag suksesvol wil wees begin dit deur nou hard te werk. Sy is agt jaar oud.

FB_IMG_1518550709652

Ek weet daar is duisende oumas wat moet saam leef met hierdie gemis. Hierdie wete maak my binnemens ongedurig voel, dat ons pragtige jongmense moes pad vat uit hierdie land en elders gaan nes skop. Familie bande wat gesny word, klein mensies wat nie ń lekker in die arms vang en toevou in ouma arms kan beleef nie. Wat nie n whattsapp kan stuur ” ouma kom haal my vandag by die skool ek wil by jou kuier” nie. Al die trane by die afskeid, wat ouma harte breek. “Dis nie reg nie” gil my hart uit in die hemesfeer.

In Kanada juig ń klein hartjie, oormore kom mamma tuis. Vandag het ń stukkie van hierdie ouma weg gevlieg Kanada toe saam met mamma.

9 thoughts on “My hart

  1. Al die uitmis op ouma en kleinkind verhouding, dit is so ongelooflik hartseer. My ouers net so swaar gekry. Hulle het my broers se kinders ELKE dag gesien en toe is hulle net WEG, ver weg… ma hulle het effens berusting gevind nadat hulle by hulle in Australie gaan kuier het en self hulle “wereld” en doen en late beleef het.
    Sterkte!
    *drukkie*

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s