Ons was verlede week bevoorreg om 2 vliegkaartjies na Lanseria, as geskenk te ontvang. Dit was van my broer se seun en sy vrou, wat op die oomblik hier was vanaf Engeland. Hulle kon nie hierdie keer in die Kaap uitkom nie en sou ons dus nie te siene kry nie.

Dinsdagoggend is ons oppad. Riaan het ons by die lughawe opgelaai en ons het ń vinnige draai gery na Hartbeespoort.

Ons het vriendin Una gaan verras. Haar gesig was die verassing werd. Dit was welliswaar ń vinnige kuiertjie.

Riaan-hulle hetby die Rabbit hole in Krugersdorp gebly en ons het ook daar ingeboek. Wat ń groot lekker verrassing was die plek nie. Dit het my kreatiwiteit geprikkel en my oë het elke dingetjie opgeslurp. Dit was waarlik in die beton oerwoud ń oase. As julle ooit in die geweste kom, gaan loer in. Hier is ń paar foto’s om julle te prikkel.

 

 

20171122_090830

Hierdie is net ń paar foto’s. Ek kon nog menige geneem het. Dis waarlik ń lushof vir die oog.

 

8 thoughts on “ń Oase

  1. Ja-nee kyk, julle het my sprakeloos gehad!!! Ek hou nie van verassings nie, maar hierdie een was heerlik verby! Julle het regtig op ń mooie plek gebly, vriendin. ń Lekker bederf.

    Like

  2. Trommel, ek is meer by die haas gat as wat goed is vir my, dit is om die draai van my huis, nie net is dit mooi nie maar hulle kos is heerlik en die atmosfeer is heerlik.
    Ek is bly julle het lekker gekuier!

    Like

Lewer kommentaar