Ek is lief vir my vriendinne, ek is lojaal teenoor my vriendinne. Ek geniet om tyd saam met hulle te spandeer, saam te lag en saam te huil. Ek sal moeite doen vir my vriendinne.
Ek het welliswaar nie baie vriendinne nie. Die wat ek het is kosbaar, maar…..
Ek trap hou vir hou in die slagyster om iemand met my hele hart te vertrou, my alles in ń verhouding te stort om dan een dag met n koek op my gesig te staan.
Hoekom, o hoekom stel mense my so teleur. Kan ons nie net opreg eerlik met mekaar lewe nie.
So het my pad gekruis met vrou x, ons het vriendinne geword en heerlik gekuier, maar sy het n sendeling mentaliteit gehad. Die lewe skuld haar want sy werk vir die Here, so sy vat en vat en vat en kiepie gee en gee en gee. Tot op die dag oppad lughawe toe, toe die laaste strooi die kameel se rug laat breek en ek letterlik my “toys uit my cot” gooi. Uiteindelik sien ek en my hart is seer.
Vrou y, is my sake buurvrou en sy steek my lelik in die rug. Kos my ń senuineenstorting. My vriendin, my hart was seer, my vertroue geskok.
Vrou z, sy het n manipulasie gees gehad en draai my daarin toe soos n kokon. Op n dag sien ek en my hart breek.
Dis drie voorbeelde uit my lewe. Tog het ek hulle vergewe en weer bande opgetel. Net ek was baie wyser in my verhouding met hulle. Nie een van hulle is inherent slegte vroue nie, eintlik is hulle spesiaal in hul eie reg.
Teenoor hulle het ek vriendinne waarmee ek ń pad stap. Ek sal saam met hulle op ń eiland kan gaan bly, soos Una sê. Hulle is baie uiteenlopende mense en sal mekaar dalk in stryd laat tree met die noue skouer skuur.
Ek het baie gewonder oor die skrywe, want hierdie is diep dinge, daarom dat ek nie in detail deel nie. Ek sien nie myself as ń naïwe mens nie. Miskien goedgelowig, wil graag vertrou en glo dat die ander persoon opreg is.
Ek wil nie met vraagtekens kyk na mense nie. Ons Here leer ons om lief te he, om te vertrou. Ek word kwaad omdat ons nie net so kan lewe nie soos Hy sê nie. Ek word baie kwaad😣
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22
Net so! Ek wil ook nie na mense kyk met vraagtekens nie. Sal dit nie lekker wees as jy die regte gesig onmiddellik kan sien en nie die masker nie?
LikeLiked by 1 person
Absoluut Hester, dit sou wonderlik gewees het.
LikeLiked by 1 person
My sielkundige sê my lewensuitkyk is sinies as gevolg daarvan dat my vertroue soveel keer gebreek is. Die behoefte na iemand by wie jy jou maskers kan afhaal en die behoefte na die bevordering van die eie ek blyk ‘n ewigdurende konflik in die menslike psige te wees.
LikeLiked by 1 person
Ja jou sielkundige is reg, maar ons (jy) het die keuse om of bitter of beter te word. Nie altyd maklik nie.
LikeLike
Ek was klaar bitter. Dit is nou beter (ek dink), met die vriendelike hulp van ‘n lekker chemiese cocktail.
LikeLiked by 1 person
Dis swaar om maskers af te haal, ek onthou met my erge depressie episodes was dit harde werk om die maskers sekuur te hou. Tog om uiteindelik daardie maskers af te haal is so bevrydend.
LikeLike
Daar is selde maklike maniere om te groei.
LikeLike
Mens wil nie met ? na mense kyk nie maar in vandag se lewe en om jouself te beskerm en seer te spaar is dit soms nodig. Dis so jammer. Klink of jy n dierbare viendin is.
LikeLiked by 1 person
Dankie.
LikeLike
Dankie, ek hoop so
LikeLike
Jy is beslis wonderlike vriendin-materiaal.💓
LikeLiked by 1 person
En op die einde is ons almal maar net mens en ek wil glo 99% vd tyd is ons nie daarop uit om ‘n ander seer te maak nie. 🤗
LikeLiked by 1 person
Ek stem, ek het ookal iemand seer gemaak onbewustelik om elke haar uit my kop te wil trek later. So glo ek ook is dit met die vroue wat my pad gekruis het. Gelukkig vergewe ek hulle.
LikeLike
Dit is beter om goedgelowig te wees as in beginsel wantrouig. Christus se egter ook hierdie gese:
“Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe. Matt 10:16
LikeLike
Sjoe jy praat waar Abrie.
LikeLike
Jou tweede laaste paragraaf som alles mooi op. Ek is soos jy, goedgelowig, gee alles en dan word jy misbruik wat jou hart breek. Tog is daar wel ook goeie vriende wat nie uitbuit nie.
LikeLike
Scrapydo jy is reg, ek het wonderlike vriendinne wat altyd daar is vir my. As my oë of gees net die ander deel makliker wil op tel, sal dit wonderlik wees.
LikeLiked by 1 person
Ek het in SA ook vriendinne gehad wat n mens kon lees soos n boek.
LikeLiked by 1 person
Sommige mense dink eenvoudig dit is hulle voorreg om te misbruik.
LikeLike
Dis ook waar
LikeLike