Gister was swart Maandag, my ervaring was een van lig te midde van die swart kler
Sjoe….hier is verskriklik baie mense. Almal ordelik en rustig. Die R101 was kilometers vol voertuie.
Ons het bymekaar gekom hier by Kanonkop. Hier is so kerkie op n sokkerveld. Hulle het n wa voor die kerk getrek, luidsprekers opgestel en die mense wie dit georganiseer het en die familie van die oorledene(Joubert Conradie) was op die wa.
Verskeie mense het gebid. Gebid vir vrede in ons land, gebid dat ons nie moet haat nie, gebid vir vergifnis, vir Zuma by die naam dat die Here hom ook sal aanraak sodat hy, Zuma tot inkeer kan kom. Die oorledene se vrou het ook gepraat. Haar so jammer gekry toe sy se dat hulle haar man so seer gemaak het.
Hier is wit, swart en bruin. Voor my het n swart man gehuil terwyl n wit vrou haar arm om hom sit en vertroos. Van die boere het hul werkers saam gebring.
Ek kon geen haatgevoel by die mense bespeur wat dit organiseer nie. Hulle is dit eens dat ons na God moet keer om ons land te red van satan en demone. Die byeenkoms is verseker nie om enige tweespalt of geweld aan te vuur nie.
Net gemik op Jesus. Daar het ook n ou plaaswerker n gebed gedoen. So mooi, net soos hy kan bid. Ons nou op pad stad toe. Selfs die konvooi in stad toe was baie ordelik.
Hulle moes die voertuie met twee verskillende roetes laat ry. Daar was net te veel. Selfs by die stadion by Groenpunt moes hulle twee sessies hou om almal te akkomodeer.
Na gister wil ek sê, ek is trots Suid-Afrikaans.
Amen! Ek is ook Trots Suid-Afrikaans! 😁
LikeLiked by 1 person
Ek is ook trots, net jammer nie almal deel my gevoel nie.
To each his own though.
Verstaan net nie hoekom sommiges dit afmaak as iets lelik nie.
LikeLike
Ek verstaan ook glad nie. Dis maar weer onkunde wat praat
LikeLiked by 1 person
Net bitter jammer vir ‘n klein mini handjievol mense wat besluit het hulle moet die vorige landsvlag wapper en die huidige aan die brand te steek – dit kom en water die hele doel van die aksie af, as net nog ‘n wit en swart kwessie!
LikeLike
Hier by ons was niks sulke dinge nie.
LikeLiked by 1 person
Dit is hoekom ek in julle geweste wil gaan bly… net meer na die Overberge se kant toe.
LikeLike
Ek is ook trots! Hoendervleis…
LikeLiked by 1 person
Amen!!!
LikeLiked by 1 person
Reblogged this on YAHWEH-NISSI.
LikeLike