Ek en manlief besluit verlede Donderdagoggend om ons lyf vakansiegangers te hou en die Waterfront te besoek. Net na die verkeer hier weg, maar die N1 het nie geweet dis na die verkeer nie. So skuifel ons toe Kaapstad toe.

20171019_124915.jpg

Ons wou al lankal die 4D ding gaan doen, maar daar wys nooit n fliek na ons smaak nie. Ons besluit toe kom wat wil, vandag is die dag, dat ons hierdie gaan inwerk.

Daar wys toe,

IMG_1508762498885

Kom ons praat nou eerlik, my brein wat in die 1950’s gevorm is kan glad en geheel en al nie sci-fi verteer of verstaan nie. Iewers verloor ek die “plot”. As daar enigsins aliens in die ding is, vergeet dit, jy het my verloor. So lees ek toe die betrokke fliek het nie aliens in nie, so dalk….. Dink ek.

Die ondervinding van die 4D was dit werd. Die van julle wat nog nie die t-hemp het nie, vertel ek.

Die sitplek beweeg soos van pas by die aksie op die skerm. Dit skud en skommel en gaan skuins vir die draaie, vooroor vir daling en agteroor vir styging. Daar spuit watersproei oor jou, die wind waai en dis blitse reg rondom jou. Jy is letterlik binne in die storie, so voel dit. Die 3D brilletjie maak ook alles meer werklik.

Die fliek self…??? Nee wat, gee my ń goeie ordentlike storie en ek is gelukkig.

Ons het heerlik voor die tyd ontbyt ge-eet. Rond gedrentel, ons neuse in allerlei winkeltjies gesteek, lekker koffie gedrink. Tussen die mense gedwaal en pure vakansiegangers gevoel. Veral met al die oorseese toeriste om jou, al die vreemde taalklanke op jou ore.

Na 4 die middag sluit ons ń heerlike dag af met vis en chips (nee, nie skyfies nie. Jammer stoere afrikaners, dis nou net so.) Sommer so in ń kartondosie by n lekker buite bankie. So reg vir die see reuk in die lug.

Weereens besluit dis ń plek om op trots te wees, Kaapstad se waterfront. Daarvandaan kan jy op bootritte gaan, die groot wiel aandurf, op ń rooi bus klim vir ń lekker avontuur. Hordes winkels en eetplekke. Dit is mooi en netjies en waarlik n plus punt vir toerisme in Suid Afrika.

14 thoughts on “4D

  1. Ons was die naweek daar, in en uit, die geraas het my heeltemal onkant gevang asook die massas mense en onmiddelik laat besluit “been there, done that…. maar nooit ooit weer nie. Ek soek veel eerder die Overberge se oopheid en rustigheid.

    Like

      1. Wel ons het dit net te rof gekry, gesukkel om daar in te kom, toe met parkering, toe die massa mense en geraas net om inderhaas uit te jaag, miskien eendag sien ek dalk weer kans, maar vir eers… soek my eerder in die Overberg ronddwaal… 😥

        Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s