Ek verwonder my aan die oordrae van gene, veral waar sekete gedrag nooit waargeneem is deur die persoon waarop die gene oorgedra is nie.

Die eerste keer toe ek my Jaap-kind ontmoet as grootmens, sit hy teenoor my by Harties se sweefspoor stasie, dit word nogal koel, toe ek na hom kyk kon ek netsowel na my Cois kind gekyk het. Sy lip raak effe blou en begin bewe op presies dieselde manier. Nodeloos om te sê was dit n lag/huil reaksie van verwondering.

Ons kleine Emma het op ń dag, skaars ń jaar oud skielik aan die gril gegaan vir sekere blare. Haar gril metode was so uniek en eie aan my pa, wat Emma nooit sal ken nie. Selfs as sy aandagtig na iets kyk gaan staan sy handjies agter die rug nes my pa.

Wat myself aanbetref:

Net ń terugblik na my pa, hy het toe ek 5 jaar oud was ń senu ineenstorting gekry en daarna met die swart monster depressie geveg. Hierdie geen loop ver en wyd terug in die familie aan vaderskant. Ek het altyd gesê dis die een ding wat ek nooit wil oorerf nie. Wel ek het toe ook kennis gemaak met die swart monster en ek beveg hom steeds. Daardie een het ek nie ontsnap nie.

Een geen wat ek graag sou wou erf was my twee ooms se talent met houtwerk, daardie een het verby gegaan. (Nou kan ek ook dankbaar wees dat ek hulle gene vrygespring het, want hulle was albei alkoliste) Die kreatiewe talent het tog darem so sweepslaggie in my en my broer se gene kom maak, net op ander gebiede.

Ek het my pa se krulhare gekry, waaroor ek verwoede oorloë gevoer het in my jong dae. Wou dit reguit hê of in ń mooie kapsel drooggeblaas hê, maar helaas hulle het nukke van hul eie, hulle krul soos hulle wil. Menige borsel is in jeugdige woede stukkend gegooi uit frustrasie met die krul se wil. Op ń dag besluit ek om vrede te maak met my liewe Jesus perm, dit te was en laat krul soos hulle wil. Daar daal toe oggend vrede in my lewe neer. My Lisa kleinkind het gepraat van my krukop ouma of Lienke as haar krullebol ouma.

Ons is ń kort familie en ek laaste enetjie die kortste. Daai geen kon hulle gehou het. Ons het woel voete/tone. Dit kan my dogter grensloos irriteer, die ewige bewegende tone. Hoe harder ek konsentreer hoe meer dans my tone. Emma het daai een gekry tot my groot lekkerkry, omdat ek al so baie by haar moeder raas gekry het. Daar is alewige gespottery oor die tone. Ons bene kan ook in so ń lekker wippie gaan, wat uiters voordelig is as ń baba gesus moet word. Baie frustrerend vir ander wat na die wip klank moet luister.

My ma en pa was nogal iemand wat ń plan kon maak en ek dink ek kan daardie toe eien. Ek kan na ń probleem staar en ń plan sien. Ek is prakties.

Snaaks loop daar  skeletfoute soos ń aardfout in ons familie. Ons het almal een of ander defek. Ek het bv n hoenderborsie in geringe mate, maar altwee my seuns moes op 14 jarige ouderdom operasies kry om dit te herstel. Snaakse goedjies wat so oorgedra word.

Liefde vir die natuur en vir die tuin is defnitief oorgedra van my ouers. Hulle was kranige tuiniers, veral hulle groentetuine. Snaaks genoeg het ek nooit as kind/tiener daarin belang gestel nie, tog besef ek nou dat ek tog waar geneem het.

Boekwurms is ons almal, my ma en pa, veral lg, was altyd aan die lees. My onthou van skoolvakansies was van my opgekrul in ń stoel met ń boek. Die reuk van boeke vul my met nostalgie.

Nou wat sal ons sê na al hierdie? Ek is ń kort krullebol met depressie wat ń plan kan maak en hou van tuinmaak wat met al wippende bene en dansende tone ontvlugting vind in ń boek. Fluit fluit my storie is uit.

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

24 thoughts on “Gene

  1. Ek het hierdie bydrae geniet. Snaaks hoe ‘n mens jouself ànders wens as wat jy geskape is – ek wou altyd so graag krulhare gehad het en ek wou ook kort en petite wees. Gelukkig leer ‘n mens om saam te leef met die gene wat jy wel gekry het en dankbaar te wees oor sommiges wat jyl vrygespring het.

    Like

  2. Ek het nooit rerig ‘n voorkeur aan tipe haar gehad nie(reguit/krul), maar ek sou erken te my hare reeds op 25 uitgeval het het ek ‘n behoefte aan hare gehad punt. Vandag is daar eerder ander dinge wat ek sal ruil. My afwesigheid van hare is glad nie ‘n probleem nie

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar