Baie gedink oor hierdie onderwerp. Daar is soveel praktiese goedjies wat ek kon saam neem, maar….

Ek klim in die vliegtuig, kry my sit. Nou volg my ritueel – Kry n lekker fliek, skoene uit, trek vliegkouse aan, blaas kussingkie vir die nek op. Gooi kombersie oor my bene. Voor ek verder gaan moet julle weet dat ek MOET ń venstersitplek kry vir die lang vlug, my eie hoekie, my spasie. Haat dit as mense oor my klim of te na aan my sit, wil nie nou skouer skuur nie. Dan drink ek my slaappil, begin my fliek kyk, sodra die waentjie om kom, kry ek n glasie rooiwyn, nou is ek reg vir lekker slaap.

Iewers oor die oseaan, terwyl ek diep in droomland verkeer val ons vliegtuig. Ek lekker deur die blare beleef alles baie baie vaag.

Gelukkig is my trommeltjie altyd by my, welliswaar nie n fisiese trommeltjie nie, maar in die geval word hy werklik. Ek hang nog bedwelmd oor hom en dobber oor die water weg gevoer deur die seestrome.

cropped-old-treasure-chest-chains.jpg

Met my weer terugkeer na realiteit lê ek op n strand. My trommeltjie langs my.

My eiland het n pragtige wit strand, palmbome wat hemelhoog bo my troon. Ek besef, goed, dis tropies.

Neem my trommel en beweeg in die plantegroei in, daar ontdek ek n fontein met heerlik vars water en n grot daar naas. Daar is piesangbome, papajabome, so genoeg kos. Ek leef op my eiland saam met my trommel vol onthoue en drome. As die eensaamheid erg word, maak ek my trommel oop en ek word weg gevoer na tye en mense vol onthou. Ek beleef elke dingetjie met n intensiteit uniek, geskep deur my isolasie.

Die see, was nog altyd die plek waar ek die naaste aan my Here voel. So ek beleef Hom baie diep. Ek praat met Hom diep prate en voel Hom tasbaar in die dae. Ek dans en sing op my eiland strand, geen terughou of selfbewustheid nie. Ek is vry…..

Ek maak ook my trommeltjie oop en pak nuwe ervarings in hom en weet, sou ek gered word sal ek altyd weer en weer hierdie tyd kan uitpak en onthou van n tyd toe ek losgeknoop was van alles wat my inhibeer en dat ek n tasbare loop met my Here gehad het op my eiland, op my strand.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

15 thoughts on “My eiland ervaring

  1. Ek hou so baie van daai trommel dat ek nou met ‘n krag van my eiland oppad was om hom te kom roof…maar nou voel ek te sleg omdat al jou memories daarin is. Ek sal nou maar oorroei daar na Una se eiland toe om daai plantjie van haar te gaan konfiskeer.

    Like

  2. Ek hou van jou trommeltjie vol herinneringe. Jou eiland ondervinding gaan jou verryk anderkant uitbring. Miskien moet jy daardie vliegtuig gaan soek.

    Like

  3. Hello Trommeltjie jy kan jou Trommel na ‘n ander tydperk neem en as seerower op strand uitspoel.
    My en jou storie eindig soortgelyk maar ek moes lang draai stap om daar te kom.
    Ek het aanvanklik net 2 sinne geskryf om betyds te wees vir afsnytydaar my storie is nou daar.

    Like

Lewer kommentaar