Green Curry

My pad met Thai green curry begin toe nie in Thailand nie, maar in Bali. Daar in Wayan’s place noem hulle dit net green curry. Jy sot in die mooiste mooiste tuin op n platformpie, kaalvoete op n kussing. Jy teug die reuk van plante, water ek kos in. Die kelners is n pragtige tradisionele klere aangetrek.

 

recipe-image-legacy-id--388466_12

Met my terugkoms in SA, moes ek net hierdie dis vir my huismense maak. Ek het glad nie verwag dit gaan my man se ultimate gunsteling word nie. As ek weg gaan sal pappie op eerste aand ń groot wok green curry maak en dan letterlik elke ete daarvan eet tot bodem gesien word. As hy gedurende die dag bel en ek sê daar is green curry vir aandete, hoor ek net n stem vol blydskap wat gewoonlik sê, hy kan nie wag vir aandete nie.

green-curry-chicken-54597-1

So, ons het hierdie gereg nou al op allerhande verskillend maniere gemaak en ook in restaurante ge-eet, maar ek deel graag ons gunsteling resep.

Green curry ala Trommeltjie:

Bestanddele:

1 E coconut oil

So ongeveer 500g hoenderborsies, ontbeen en in klein blokkies gesny. So ongeveer 3cm.

1 Pakkie green curry paste. (By enige supermark te koop)

1 Blik coconutmelk

1 Blik water (afgemeet in melk se blikkie)

1 E Oyster sous

1 Sakkie hoender aftreksel. (Ek gebruik Ina Paarman s’n)

1 E Lemmetjiesap

4-5 Kafir lime leaves (te koop by enige chinese winkel, maar opsioneel)

100g Groenbone in so 3cm stukkies gesny.

1 Zucchini in ringe gesny

Metode:

Maak coconut olie warm in wok, gooi green curry pate daarby en braai bietjie.

Voeg coconut melk, water, oystersous, aftreksel, lemmetjiesap, kafir lime leaves by. Roer goed.

As lekker gemeng, voeg hoender by. Laat kook oor lae hitte tot hoender amper gaar is. Onthou genoeg voeistof.

Voeg boontjies en zucchini by en kook tot sag, maar nog ferm.

Intussen kan jy rys maak, ons verkies basmatierys. As ons banting eet pappie cauli rys, maar dan eet ek die green curry net so.

Dit moet n lekker lang sous he, so sorg dat daar genoeg vloeisof is.

As dit bietjie te warm is na jou smaak voeg bietjie room by met die opskep of nog coconut melk.

Verskillende soorte green curry paste varieer in vurigheid, so proe maar. Soms voeg ons nog green curry paste of chillies by.

Die volgende dag is hierdie nog n groter treffer, sommer vir ontbyt.

Kook lekker saam met my en kry so n klein reukie vd ooste, wat jou mond sal laat water.

Met een van my reise is skoonsus saam, sy hou egter glad nie van brand kosse nie, so as ons bestel sê ek gewoonlik – “padas” en sy “no padas” Ons het elke keer hieroor gegiggel.

Padas beteken brand warm en panas temperatuur warm. Om hierdie konsep in engels oor te dra is onmoontlik, so ek het gou besef ek moet die idonesiese woorde leer om die regte ding te kry.

12 thoughts on “Green curry

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s