img_2339

Met die taak voor oë, het die volgende in my verbeelding ontvou:

Ek,  Vegeta-vrou is op ń komissie van ondersoek afgevaardig om na die planeet aarde te kom. Ek moet n in diepte ondersoek kom doen na die verdwyning van mede vegeta-burgers. Hulle is na die aarde gestuur om onderhandelings met die karnivoriese inwoners te kom voer. Ons wil baie graag n samewerkings ooreenkoms met hulle aan gaan, waarby albei partye sou baat.

Met my aankoms moes ek tot my grootsye skok ontdek dat hierdie nie karnivoriese inwoners is nie, maar dat daar vele herbivore en omnivore hier woon. Dit was n katasrofiese waarneming. Of soos ons, by ons Groen planeet se: “ń Ontdekking van epidermiese perporsies”.

Ek het strafkampe gevind, waar hulle die sade uit ons inwoners druk, dit droog en dan in die grond begrawe. Andere staan in rye vasgevang in die grond. Hier is foto’s van my bewyse.

 

Ek is tot in my diepste groenhart geskok. Die heel grusaamste ontdekking wat ek nog gemaak het is die martelkamers. Ek hoor hulle noem dit kombuise, daar word my mede burgers op die grusaamste wyses gemartel. Een van die apparate word glo die rasper genoem, ek het een burger fyn gerasper gesien😱😨. Daar is ook vele in kookwayer gegooi of fyn gesny. Nog n wrede marteling is om die velle afteskil of tectrek.

Jammer, ek gaan terug na my Groen planeet, hopelik sal ek kan ontsnap voor ek ook in n bak beland in n onherkenbare vorm.

Julle sien my nooit weer op hierdie aarde nie. Onderhandelings se voet!!!

recipe-image-legacy-id--388466_12

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

 

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

 

13 thoughts on “Sending Aarde

  1. Janee, ek sien ‘n patroon hier ontwikkel; van nou af gaan groentes se regte beskerm word! Ek wou nou graag gesê het dat ek die inskrywing geniet het, maar ek kan mos nie sulke smart en lyding laaik nie! 😀 Lekker gelees Trommeltjie. Dankie vir die deelname.

    Like

  2. Goeie dag Trommel vol lewendige groente. Het al voorheen in my kop kommentaar gelewer nie hier maar duidellik nie in praktyk. Ek dink nogal daar is ‘n toekoms vit my in interplanetere diplomasie wat jy nou weer kom aanwakker het. Ek het baie respek vir die Vegetaiane en besef weer dat ek my moet weerhou van optrede en voedsel wat betrekkinge kan vertroebel!

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s