Julle sien, as ek die dag afsterwe sal my trommeltjie leeg wees, want onthou sal ek nimmer meer. Tog nou in my lewe sê manlief….

As jy die dag nie meer Green curry eet nie skei ek jou. So, met tong in die kies sê ons dus kan my verbeeldings grafskrif so lyk: Trommeltjie se lewe was green curry, so ook haar sterwe. Wonder wat die wat daar verby loop sal sê…

Sy was seker baie vet, sy was n kos verslaafde, haar man het haar vermoor want sy het nie meer green curry ge-eet nie ens.

recipe-image-legacy-id--388466_12

Ek sal nie n grafskrif hê nie, want ek wil veras word. Tog as ek kan kies, sal ek graag op my as plekkie n koorsboom wil hê wat deur my assies gevoed word in sy tenger eerste groei.

acaciaxanth

Miskien kan hulle ń bankie onder hom sit, daar kom sit en stil word terwyl hulle in hulle onthou trommeltjies diep om die onthou van n stukkie gedeelde lewe in herinnering te roep.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

16 thoughts on “Die trommel is leeg

  1. Nog ‘n natuurliefhebber wat graag deel van ‘n boom wil word 😀 Ek ken nie van green curry nie. Dit lyk heerlik, maar ek hou nie daarvan as my kos my byt nie; my chef-seun moet vir my ‘n ligter resep bedink. Hier ken ons net die rooi Indiese weergawe en daarvoor is my man ook nou keelvol – sy ma het geel soetkerrie gemaak en nou moet die oudste seun geel Cartwright kerrie in Johannesburg koop om saam te bring wanneer hy oor ‘n week kom kuier. *sug* Elke huis het sy kerriekruis (my nuwe idioom vir vandag). Dankie vir die deelname, dis lekker om by jou te lees.

    Like

  2. ‘n Koorsboom en curry behoort goed saam te gaan. 🙂
    Dankie…. siende dat my verassingsboom afgebrand het moet ek ‘n ander lêplek kry. Gaan nou uitkyk vir ‘n mooi koorsboom.

    Like

      1. Net vanoggend vind ek toe in die kerkgronde die pragtigste plek vir my as. ‘n Klompie koorsbome bymekaar, met groen gras en voëltjies wat sing. Ek kan opskyif as jy ook ‘n plekkie daar soek 🙂

        Liked by 1 person

  3. :n Vriend van my vertel toe hy nog op skool was, is sy ma in die hospitaal opgeneem en sy pa besluit toe om kerrie te maak. Hy het kerroe ingegooi en ingegooi en ingegooi maar die word nie so mooi geel soos sy vrou se kerrie nie en toe maar nog ingegooi en ingegooi. Nodeloos om te se dat die kerrie ietwat sterk was en dit was ook die eerste keer dat ek gehoor het mens moet kerrie ingooi

    Like

Lewer kommentaar