N byna slapelose nag, aangesien ons nag Kanada se dag is. Soos julle kan sien op die tyd by die foto is dit hoe lank ons, ons seun gevolg het op die “tracker”, terwyl hy gehardloop het. n Spesie van sy eie, ek weet.
Sy derde jaar dat hy hierdie trail wedloop hardloop. Hulle begin by Grand Cache in die Rocky’s en hardloop oor berge en dale, in n klein voetpaadjie met n rugsakkie op die rug, met water en ander noodsaaklikhede. Dan is dit jy en die natuur. Geen waterpunte en luukses nie. Daar is wel so drie plekke tydens die wedloop waar jou ondersteuningsspan (sy vrou en dogtertjie) by kan kom, met kos ens.
Race Overview
The Canadian Death Race takes place every August Long Weekend in Grande Cache, Alberta, Canada. This year, Adult Race Day is Aug 5, 2017.
Since the start of the millennium, elite racers have come to the Canadian Rockies to cheat Death in one of the world’s toughest adventure races. The 125 km course begins and ends on a 4200-foot plateau, passes over three mountain summits, and not only includes over 17,000 feet of elevation change but a major river crossing at the spectacular Hell’s Gate canyon (at the confluence of the Smoky and Sulphur Rivers). This Ultramarathon distance can be tackled Solo or in Relay teams of up to five (for the 5 legs). The first two legs can also be run as one of the world’s toughest marathons. Each year, extreme athletes, push themselves to the limits of their endurance against the breathtaking background of the Canadian Rocky Mountains. Well-trained and totally committed, they battle heat, cold, altitude, and themselves. Finishing is the prize and the bragging rights are priceless….CHECK OUT THE TRAILER.
Start them young! We also host a 5km Kids Race – August 6th, 2017
(Bietjie later hardloop ons sewejarige kleindogter die 5km)
Verlede jaar het hy 2 weke voor die death race ook die fat dog gehardloop wat 197km ver was. Dit geskied op die grens tussen Amerika en Kanada. Dis nou n ander klas. Hy het sowat 42ure gehardloop. Baie gevaarlik. Ons was verstom toe hy wel by sy besluit hou om die death race ook te hardloop.
In die nag hardloop jy letterlik in die lig van jou koplampie. Boonop is dit “bear country”.
Ons is baie trots op hierdie dapper hardlopende seun van ons.
Lyk ook klein Lielie gaan in sy voetspore volg.
Voorbereiding….
Die voorbereiding is ontsettend belangrik en hierin is sy vrou n wenner. Sy is die wetenskaplike en baie metodies. Sonder haar sou hy dit nooit kon doen nie. Ek saluut haar.
Laaste boodskap van hulle was:”done and done, we are going to bed now”
Moes net gou hierdie fotos byvoeg. Sy het tweede gekom in dogters onder nege en kleiner (sy is sewe).
Hy is regtig braaf, Trommeltjie!!!
LikeLiked by 1 person
Deursettingsvermoë. Baie geluk met sy prestasies.
LikeLike
Dankie Hester.
LikeLike
Sjoe dis ongelooflik ver!
LikeLiked by 1 person
Sukkel self om daar verby te dink.
LikeLiked by 1 person
Veral inag genome dis voetpaadjies
LikeLiked by 1 person
Hartlik geluk. Julle mag met reg trots wees op hom.
LikeLiked by 1 person