Hierdie naweek het my dogter se twee staffies by ons kom bly, hulle is Pearly beach toe. Die naweek was rustig, meer as gewoonlik, met die honde.

Ons Karolus is maar n “moffie” hond, hy is sag en rustig. Hy raak maklik geintimideerd met die ander twee, hulle is heelwat rowwer.

Ons besluit om gou n draaitjie te ry, ge vir elke hond n been om hulle besig te hou terwyl ons weg is.

Resultaat:

Bloedspatsels wat ons begroet met ons tuiskoms. Ek raak totaal paniekerig en skree vir die man, so bewerig kan nie die deur oop sluit nie. Ek sien net my bebloede seuntjie hond.

Ek sien net ern oplossing, gryp handdoeke, trek klere uit en klim in stort…

Man gee eers vir Karolus aan en hy word geshampoo en ge savlon. Al die bloed af gewas. So gaan ek deur al drie honde in die stort. Manlief droog af en gee aan.

Na ek af gedroog het en geklee is, word elkeen ondersoek en wonde behandel met staaldruppels, bokhasi (natuurlike wondermiddel uit Bali). Onder kombersies toe gemaak vir skok.

Die een Sky, teef-ma het geen wonde nie. Julle sien, Sky is mamma en Diesel en my Karolus is haar kinders. Nou is ek sommer woedend vir haar wat ongeskonde uitstap en net wil speel, geen medelye met die ander twee nie.

My arme liefste seuntjie stukkend en seer. My hart bloei vir hom en ek voel skoon siek van skok en onsteltenis. Ek is nie goed in oorlog nie. Veral nie as die een wat ek lief het seer kry nie.

10 thoughts on “Bloedbad

  1. Ek lag vir die situasie, en vir jou en manlief…sorry man. Ek dink my die prentjie in; ek ken jou liefde vir jou seuntjie; ek stel my jou afgryse voor. Maar steeds, my vriendin, jy het dit effe komies oorgedra.xxxxxx. Ek hoop die soentjies maak op vir my kommentaar.

    Liked by 1 person

  2. Ag arme noenoes!

    Vir my is sulke goed net te traumaties. Ek gaan sit in die sitkamer en my man moet soos ‘n mal ding rondhardloop. Ek ken eenvoudig net nie cope met sulke situasies nie, veral waar daar bloed is. Of dit mense of diere se bloed is maak nie saak.

    ek hoop hulle is gou sommer beter ❤

    Like

    1. My hond, wat die ergste beseer is, sit darem net met n rofie of twee en n paar letsels. Jammer om te hoor van julle honne-kind.
      My Weimeraner is verlede jaar oorlede na 13 en n half jaar van pure genot.

      Like

Lewer kommentaar