Betekenis van naam – Ons vader. Mooiste weskus dorpie, volgens my. Vol karakter en vissershuisies wat die kuslyn vol gestrooi is. Hulle is opgeknap en dien as selfsorgbehuising.

Ons het besluit om ons huweliks herdenking naweek hier te kom spandeer. Dit was koud en nat, ons het ons klein stofie brand gesteek en dit was warm. Ons kon die oseaan bekyk vanaf die heerlike knus huisie. Daar was darem tye wanneer die reen ons tyd gegee het om verkenning te doen en ons te verlustig in die omgewing.

 

Daar is vele oulike winkeltjies met baie vriendelike mense. Menige restaurantjies wat van pizza tot viskos bedien, ateljees van kunstenaars sois At Botha en Maneki.

 

By die hawe sit jy buite by hout tafeltjies en eet lekker vis en skyfies. Oral loop manne en kreef verkoop. Pasop maar om by hulle te koop, jy weet nie waar dit vandaan kom en hoe lank hy nou al met sy sakkie loop nie. Soms is jy gelukkig om daar te wees as die vissers inkom en kan jy heerlike vars vis koop.

Kaap Columbine natuurpark met die bekende Tietiesbaai het die laaste bemande lugtoring. Jy kan tot bo klim vir n asemrowende uitsig van die Atlantiese oseaan.

Walvisse endolfyne besoek ook hierdie waters in tien maande van die jaar. Tussen Julie en Oktober word die lanskap geverf in lieflike veldblomme.

Ons het heerlik gerus. Lekker gestap. Laat die rustige natuurlike omgewing jou siel verkwik.

Paternoster ek groet jou tot volgende keer.

 

 

 

9 thoughts on “Paternoster

  1. Ag heerlik. Dis nou regtig ‘n dorpie met ‘n atmosfeer. Ek en my dogter was daar in 2010 en ek het ‘n blog geskryf oor die bokkoms wat ons daar gekoop het 😀 Hoe verlang ek nou weer Weskus toe – bokkoms, kreef, snoek. Ek is bly julle het dit geniet.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s