Hoekom, maar hoekom luister ons nie na die SOS in ons binneste nie?

So staan ek die oggend voor my kastrol heerlik bruin gebraaide skaapvleisies, reg vir die krokpot, vir n heerlike bredie. As ons lam kry van die Karoo sit hulle altyd die vet apart in n sakkie. So besluit ek om die vetjies sommer uit te braai in die kastrol as die vleisies uit is. Manlief is mal vir die kaiings. Die vet skenk ek gewoonlik vir huishulp. (Te veel vir ons gebruik).

Na dit heerlik uitgebraai is haal ek die solide dele uit om die vet uit te gooi…..

Ek staan met kastrol in die hande en dink – Dis dalk nie n goeie idee om hierdie warm vet in n plastiese houer te gooi nie. Argh,  dink ek en gooi…..

Draai om, om kastrol in wasbak te sit. Met die omdraai slaan ek die ramp gade. Bakkie gesmelt en oral, letterlik oral is skaapvet. Die kas, die stoof, die snyplank, die kas, die laaie, die vloer…..

Dis koud, so dit stol blitsig. Ek skel myself, staan lam en kyk letterlik hoe die massa vet stol. Dik wit laag vet.

So verander n mooi middag in n skraap, skuur en skrop dag. Binne in die laaie het dit ingesypel, in die kaste.

Ketels kookwater en groot hoeveelhede bekende handelsmer groen skottelgoed seep, seer hande en baie werk begin ek wen.

Die aand eet manlief alleen bredie, my hele maag staan op in naarheid by die reuk van skaap.

Die volgende dag is vloer nog drie keer gewas met kookwater en die reuk het bly hang.

LUISTER NA SOS STEM!!!!!

7 thoughts on “Frustrasie

Lewer kommentaar