My dogter werk so twee dae n week by skole in Franschoek. So gister besluit ek, ek gaan saam. N daggie weg van alles, net drentel, in loer by elke interessante plekkie, net sommer wees.

Die kroon van alles is, dit is bewok en koel en nou en dan mis reen dit. Wat meer kan n waterskaars Wes Kaap vra. Hierdie Kapenaar geniet die vog op my vel en my hare (hulle gaan nou lekker krul). Ek loop koffie winkeltjies raak in weg gesteekte hoekies. Eet pannekoek, drink koffie en stap aan.

Vir die van julle wat nie hierdie skilderagtige dorpie ken nie, wil ek se:”sit hom op jou bucket list”. Net nie hoog vakansie tyd nie, dan vertrap die mense jou en raak jy so oorweldig dat jy al die mooi plekkies mis kyk.

N Groot lekkerte is die Wyn trem. Dit was deel van n ander keer se kuier hier. Jy besreek jou kaartjie by http://www.winetram.co.za. Of andersins as jy hier kom reg oor ABSA in die hoofstraat is die besprekings en opklim kiosk. Foto hier bo.

Dis nou vir jou vet pret, daar kom so stukkie kind na vore en jy lag sommer uit jou binneste van lekkerkry. Jy onthou toeka se treinry pret. Jy voel jonk en jou bloed bruis deur jou are

Daar is 5 verskillende roetes om van te kies. Dis n hop-on, hop-off by verskillende plekke. Jy kies op jou roete waar jy wil op en af en vir hoe lank. Daar is elke twee ure n trem of trem-bus. Jy kan op jou afklim plekke wyn proe of eet of net die mooi geniet.

Jy ontdek die mooiste natuurskoon en lieflike plase.

FB_IMG_1495619816498

Verder is daar in die dorp se hoofstraat heerlike eetplekkies, winkeltjies, koffieplekkies.

20170524_094620

So sluit ek die daggie af met n heerlike tee.

Op die terugtog kan ek en my meisiekind weer lekker verder babbel oor alles en nog wat.

7 thoughts on “Ek gaan saam

Lewer kommentaar