So lees ek gister Toortsie se blog oor keuses en vandag lees ek weer by haar en hier praat sy oor woede wat spruit uit gebeure van die verlede. Hierdie twee blogs kom praat met my binnekant en laat my diep dink.

Ek sit met n probleem van n onwelkome woede met tye, dit wel sommer net ongenooid in my op en iets gebeur in my waarvan ek niks hou nie.

Hierdie woede koppel met die konsep van keuses en magteloosheid. Magteloosheid waarin jy gedompel word as gevolg van ander se keuses wat jou ten diepste raak en jou lewe verander. Jou koers verander.

Toe ek sestien was het my pa en die dominee besluite oor my lewe geneem wat my hele lewe geraak het en ek was magteloos om iets hieraan te verander. Ek moes myself letterlik by die kraag neem en aan gaan met my stukkende lewe. Die beste probeer doen met my tiener lewensondervinding. Dankie tog my ma was my vangnet, maar nie my rigtingwyser nie.

Later in my lewe het hierdie weer gebeur, hierdie besluite deur ander oor jou en jou magteloosheid om enigsins die situasie te verander.

Dit laat my met n klomp seer spruitend uit hierdie situasie. Seer waarvoor ek die betrokke partye vergewe het. Het diep deur hierdie vergifnis ding moes werk.

Vergifnis verander my gesindheid teenoor die persone, maar verander nie die resultaat van die gebeurtenis nie. Self vergifnis is ook essensieel in hierdie prodes en daardeur het ek ook saam met Jesus gewerk.

Nou ja, toe kom die vervlakste woede ding skielik in my lewe en ek verstaan nie.

Dis nou waar Toortsie se tweede blog met my kom praat en onderstreep, dit wat ek en my vriendin gedink het toe ons hieroor besin het.

Nou se kwaad is nie regtig nou se kwaad nie

Vanmore op die oggend boodskap se Theo Geyser n waar ding – Hy se God gaan ons nie eendag kwalik neem omdat ons nie n moeder Theresa of n Billy Graham was nie, maar omdat ons nie die ware “jy” was nie. Die een unieke mens wat God jou geskape het om te wees. Leer ken jouself en word dit wat jy moet wees soos God jou gewil het om te wees.

Besef ek hierdie skakel so onlosmaakbaar in mekaar. Ons keuses plaas ons op sekere paaie en soms plaas ander se keuses ons ook op ander paaie, op die ou end, is ons nou op hierdie pad, hier en nou. Is ons die mens wat keuses ons gemaak het. Die vraag is nou – hierdie pad en hierdie mens, wie is dit en wat het God (nie mense) jou bedoel om te wees?

8 thoughts on “Magteloosheid

  1. Sy opdrag aan ons was, laat jou lig skyn en jy kry dit reg, ongeag dit wat die wereld na jou kant toe gegooi het.
    Soms skyn daai liggie bietjie dowwer, maar hy skyn omdat dit is wat die Vader van ons wil hê…
    Hy is die maker van daai lig en Hy alleen weet waartoe Sy lig instaat is en daarom het Hy ons onvoorwaardelik lief ongeag dit waaroor ons soms onsself mee straf xx

    Liked by 1 person

  2. Jy vra moeilike vrae. Jy skryf so mooi.
    As ons nog jonk is, en ook as ons ouer word, pas ons soms keuses toe omdat dit nie anders kan nie, of omdat ons dalk gedruk word om dit te doen.
    Hoe vind jy jouself? Net by die Here. Praat met Hom daaroor. Laat Hy jou wys wie Hy wil hê jy moet wees. Wees rustig, kalm. Moenie haastig wees nie. Intussen, wees die beste jy wat jy NOU kan wees, want dit is mos eintlik heeltemal genoeg.
    Sterkte vir jou op jou moeilike pad.

    Liked by 1 person

  3. Die feit dat jy hierdie ‘woede-ding’ nou aanpak en hier kom neerskryf, is klaar ñ baie groot stap, my vriendin. Ek lees hier by jou en kan my trane keer nie. Want ek weet hoe graag jy wil, hoe hard jy probeer. En God sien en hoor dit alles. Hy lees ook hier, al weet Hy reeds. Hierdie proses is Sy proses. En jy is gewillig. Ons gaan saam met jou jubel oor elke tree wat jy vorder.

    Liked by 1 person

  4. Sjoe. Om die “jy” te wees wat God jou geskape het om te wees… ‘n Lewenstaak inderdaad om dit te daagliks te ontgin.

    Jy skryf so mooi en eerlik, uit die diepte van jou siel oor jou pyn en frustrasie. Dit raak my hart.

    Dis ‘n veel meer algemene verskynsel as wat die meeste mense dink en besef dat trauma en letsels en woede oor dinge wat toe toenterjare gebeur het, veel later in mens se lewe kom kop uitsteek. Dinge wat jy gedink het jy heeltemal verwerk het.

    Ek dink die ander kommentare is wyse waar woorde en raad. Ek glo ook dat God ons gebrokenheid gebruik: om Hom meer en meer te vertrou en te leer ken, en in die proses meer te verstaan van die “wie” jy geskape is om te wees. Daar kom ook ‘n diep stuk verstaan, omgee en meelewing met ander mense se leed uit ons eie seer lewenservaringe en sielsworstelinge.

    ‘n Groot stywe druk vlieg nou jou kant toe ❤️

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s