Laasnag word ek wakker en besef ek hoor reen. Ons skarrel op om gou my nuut gegiete sementblokke toe te gooi en die bankie in te skuif, maar al is ons deur die slaap gee ons nie om vir nat reen druppels op ons velle nie. Ons is vol dankbaarheid.
Tog hier in jou agterkop dink jy – “Ag dis seker weer net stofnat”.
Vanoggend reen dit nog effentjies, maar skielik donder dit en hier gaan die hemele oop. Ek jubel eers en gee n paar huppel danspassies en toe kry ek skaam oor laasnag se ongeloof, se sommer skuus en dankie.
Ek het koffie gemaak en lank net gesit en kyk na die vallende reen, kon nie genoeg kry nie.
Dit het gedonderweer (nie bromweer nie), dit het bietjie gehael ( selfs toe, se ek dankie Here, dis ook water). Water wat ons hier in die Kaap broodnodig het. Ons damme wat feitlik leeg is. Hierdie is genade reen, reen uit die Hand van n Genadige Vader, wat al die gebede gehoor het en ons antwoord met deurdringende genade water.
(Ons gras was twee weke terug nog dood, twee keer se sofnatreen en dou het dit al so groen gemaak)
Ek wil tog hierdie positiewe boodskap oordra, dat al is die duiwel besig met sy streke, na Saterdag, God is groter, Hy het gehoor!!!!!!!!!!!!!!👏
God is groot!
LikeLiked by 3 people
Baie dankbaar vir julle.
LikeLiked by 2 people
Ons is SO dankbaar saam met julle, Trommeltjie!
LikeLiked by 1 person
Ek moes dit net reblog, my maatjie.😘
LikeLiked by 2 people
Dankie voel gevly
LikeLiked by 2 people
Is die Here nie getrou nie ek het so gebid vir jul broodnodige reën en daar kry julle dit met ‘n groot gedonder.
LikeLiked by 1 person
Absoluut n volwaardige donderstorm
LikeLike
Ek het die post van bokbaaivygie maar eerder afgehaal. Al het sy tiestemming gegee, dink ek toe, dis mos nie myne nie?
LikeLike
Ons het vriende in die Kaap en hulle het blykbaar lekker reen hister gekry. So dankbaar.
LikeLike