So sit ons verlede week een aand buite en ek hoor paddas. Vreugde spring op in my, “hoor jy dit?” se ek, “PADDAS” se hy.
Julle verstaan nie, ek het hierdie ding oor n padda koor, dis asof die aand net nie reg is sonder hulle stemme nie.
In Wellington het my seun vir my n visdam gebou en ek het hom spesiaal padda vriendelik gemaak. Dit was groot vreugde om die groeiende koor aand vir aand te hoor. Met groot “hoe-ha” is paddavissies ontdek. Dis volmaak.
Met ons trek stad toe, het ek my padda vriende gemis, die aande was net nie reg sonder hulle nie.
Verlede jaar toe ons Kanada kinders hier kuier, vertel Lienke dat oupa op Wellington tadpoles het. Onmiddelik is sy beveel om vir ouma tadpoles te bring as hulle daar was.
Sy het op n dag ingebars (letterlik) by ons huis met n houertjie: “Ouma I’ve got your tadpoles!!!!”.
Ons het hulle versigtig te water gelaat en hulle bewonder elke nou en dan. Ek het nou nie meer n pragtige visdam nie, net n water feature. Nietemin, dit was hulle nuwe tuiste. Met die aanstap van die dae, het hulle al minder geword. (Lienke is ook intussen terug na Lienke land. )
Op n dag is daar geen paddavissie in sig nie. Met my skoon maak van my pomp sien ek die monster het ons paddavissies gesluk. Nooit gedink dat hulle klein genoeg was om gesluk te word nie. Met ons Skype moes die ouma die treuruge nuus oordra, dat daar geen paddas in die vooruitsig sal wees nie.
Nou het hulle self gekom, hoe weet ek nie. Hoe mure ten spyt, is hulle hier ons kleine padda koor.
Ek het hulle nog nie gesien nie, maar hulle samg is duidelik.
Jippee! Ek kan net dink hoe opgewonde jy is.
LikeLike
Dis ‘n pragtige water feature. Ek hoop die paddakoor groei; ek is ook baie lief vir die naggeluide.
LikeLiked by 1 person
En ons paddas kwaak mos nie soos die brulpaddas nie. Hulle sing fyntjies.
LikeLike
Ek lief ‘n paddakoor netso – ons het mooie ou brulpaddas dan en wan… as hulle eers begin maak hulle allerhande verlanges oop binne my…
LikeLiked by 1 person
Mooi man!
LikeLiked by 1 person