Sy staan dom verdwaas voor die landdros. Haar hart is in brokkies pyn gebreek. Sy dink: “Hierdie kan die laaste dag van my heel lewe wees.” Hy se: Sit jou hand op die bybel, lig op jou ander hand en se “so help my God”.

Alles in haar skree “NEE”, maar haar lippe se die woorde. Sy weet sy moet, dis hoe dit is. Sy sal hom nooit weer sien nie, nooit weer vashou nie. Haar oe sal nooit weer oor sy lyfie gaan nie, nooit weer sy stemmetjie hoor nie.

Haar liggaam wat hom gehuisves het vir nege maande is nou n vakuum. Haar voete is lood, haar oe swem…..

Sy was maar skaars sestien toe sy die dag oorkant die dokter gesit het en hy viir haar gese het: ” Jy is tien weke swanger.” Sy was soort van van bly, baie bang. Haar vriendin het buite gewag.

Op ses maande het die dominee kom besoek afle en sy felle woorde was swepe wat haar gekerf het. Harde woorde van “Jy kan nie die baba hou nie” en “Jy sal hom moet laat aanneem” en “As jy nie luister nie, sal ek sorg dat die welsyn hom weg neem” en “Jou ouers is oud en kan nie vir die baba sorg nie”.

Sy wil die woorde uit wis, weg wens….

Skok op skok – Haar pa skaar hom aan die man se kant. Sy staan gestroop, voor haar ma se smart. Haar vonnis is gevel. Keuses is opgeskort.             Sy

Sal na n tehuis

Gaan.

Sy sal die baba afteken.

20170412_153941

My troos woordjies neer getik. Skrywer Annoniem

Hulle kon net sowel gese het: “Verlange sal jou metgesel word, pyn jou vriend”.

 

11 thoughts on “Afskeid

  1. Eina, my wese kry seer. Ek het dit van my 23jarige tokkelok seun verwag, hy het geweier en gesê dan waiter hy, maar hy gaan sy eie kind grootmaak. Dit was ‘n diepe seer vir my erger het ek gedink sal my nooit tref nie… en toe 4jr later die egskeiding. Dit het gevoel of ek my eie kind verloor toe my skoondogter besluit het sy los alles vir ‘n baie, baie ouer man. Smeek het niks gehelp nie. Dit is 5 jr later, die ergste is ek huil nog oor haar v tyd tot tyd veral as ek haar in my kleindogter sien… dan wonder ek en ek forseer my gedagtes weg van dit. Die trauma van ‘n voortydige swangerskap en toe die egskeiding 4 jr later is beslis tot op hede my diepste siele, emosionele en hartwond. Ek voel so jammer vir jou en as ek die lees dan weet ek my tokkelok kind het reg gekies, al is hy ‘n enkelpa het hy reg gekies, vir my, want die wonder oor ‘n mense wie my DNA deel, sou my sekerlik vernietig het. 🌸🌹🏵

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s