Ek het n ding oor stamme…..

As ek n boom gaan koop, koop ek nooit die een met die reguit stam nie. Vir my le die karakter, mooiheid van die boom juis in se kinkels en kronkels.
Nou wonder ek…
Hoekom as ons na mense kyk, wil ons he almal moet kierts regop staan, sonder kinkels en krommings wees en vlekloos?
Le ons karakters nie juis ook in ons gebrokenheid nie, ons vlekloosheid gewas in Jesus se bloed nie, ons onvolmaaktheid.
So, hoekom meet ons, ons aan die wereld se standaarde? Ek staan self skuldig, meet myself so dikwels aan wereld standaarde en staan so totaal verslae en veroordeeld. Hoekom laat ons dit toe? Hoekom kyk ons na die uiterlike onvermoe en “look”?
My bome se kromheid is juis vir my die mooiste aan hulle. Hoekom kan dit nie vir my in myself ook so wees nie. Wel soms, maar altyd?
Trommeltjie, jy het so ń waar punt beet. Soms is dit ons wat onsself die hardste oordeel. En dan ook met die gevolge sukkel.
LikeLike
Dit is so waar. Ons is ons grootste kritikus.
LikeLiked by 1 person