20170313_114715Hierdie post is reeds Dinsdag geskryf. My blog lewe is vol verdwynings en verskynings. Soms gedeeltelik soms heeltemal. Hierdie een het gedeeltelik terug gekeer. So…..20170313_111052

Dinsdag oggend:

Vanoggend met my afstap strand toe, met die twee honde, Karolus (myne) en Whisky (ons huis oppas hond), het newels oor geskuif en Grotto strand omvou in misterie. Ek lief dit. Nadat die honde wilde draaie op die strand gehardloop het, het ons by Dutchies, n restaurantjie op die strand kom sit. Heerlike cuppuchino en omelet vir my en n bak koel water vir my maters. Ek het gister amptelik verlief geraak op Hermanus.20170313_112353

Ons het al baie Hermanus besoek, maar dan net die hub. Daar waar daar heerlike winkeltjies, stalletjies, restaurante en dies meer is. Welliswaar jare gelede het ons ekskursies ook die ou hawe ingesluit, waar die manne geduik het. Dis ook mooi daar by die ou hawe en die hub, maar niks kon my voorberei vir my ontdekkings stap gister nie.20170314_103747.jpg

Ek het by Grotto strand begin stap, al met die pragtige plavei paadjie langs, op en af, tussen bome en in die oopte het n nuwe wereld ontvou. Ons het verby die mooiste stranjies gestap, op hoogtes uit gekyk oor die oseaan en my verlustig in die rotse se formasies.

Alles is pragtig netjies, mooi onderhou en n paar sekuriteits wagte tee gekom. Ek het met my twee honde kinders gesels, gedagtes het baie paaie gedwaal.

Ek het my baie stap paaie (agter my neus aan) in Bali onthou, selfs my Otter stap het opgeduik (seker die op en af stappery). Ek het kliphard gesing – ” Jesus groot bo almal, sterke verlosser……” en “O Heer my God, as ek in eerbied…..”. Ek het klein gevoel voor die skeppingswonder en my binnemens het gesinc.

20170313_11451520170313_102104

 

6 thoughts on “Hermanus

    1. Naas my tye in Bali, was dit die eerste keer dat my binnemens gesinc het. Dit was goed. Ek het met hope energie terug gekeer en soveel vermag in die dae na my terugkeer. Ek weet net vir my “sanity” is dit nodig vir my om alleen mens te wees met tye, weg van bekend.

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s