My gedagtes loop ver paaie vandag, my ma, sou as sy geleef het vandag 99 jaar oud gewees het.

Wat n merkwaardige vrou – Sy is in 1918 gebore, een van n tweeling, op Groot Marico. Hulle was 4 dogters, haar pa is oorlede toe sy sewe jaar oud was. Sy is dus toe as die “seun” in die huis beskou. Sy het bitter hard gewerk, daar in die boendoe sonder n pa.

Sy het standerd ses geslaag en soos gebruik, moes sy toe skool verlaat. Na die groot stad om vir hasrself te “fend”.

Sy en my pa is getroud toe sy agtien was, hulle altwee was kinders van die aarde, dus het hulle altyd waar hulle n rondjie kon kry met groente geboer. Pa het gewerk by die spoorwee dus moes sy die meeste werk doen. Selfs groente smous.

My ma was 42 toe ek gebore is na 3 broers. My oudste broer was toe reeds 22jaar oud, die ander onderskeidelik 16 en 10 jaar.

Vyf jaar daarna het my pa n totale senu ineenstorting geky en jare van n depressie pad sou volg. Daardie jare was daar nie dir kennis en medikasue van vandag nie. My pa het hom letterlik vir dae afgesonder in sy kamer. (Ander dag praat ek hieroor). Weereens moes my ma, pa en man van die huis wees. Hulle was arm, maar altyd het my ma haar heel beste vir haar kinders gegee.

Sy was formidabel en sterk. Het altyd met hasr vals hees stem gesing en almal was lief vir haar. Sy was lief vir haar mede mens.

Later in haar lewe het die rumatiek haar gekasty en later emilfiseem. Dit was hart brekend om hasr so sondet krag en asem te sien. Nooit het sy opgegee nie, altyd n grappie en n laggie.

Sy het altyd 3 versoeke gehad vir as sy die dag sterf – nie n paartie na die tyx nie, geen blomme nie en daar moet amazing grace gespeel word by haar graf. Sy is op die ouderdom van 75 oorlede.

Haar liefde leef voort in ons harte en ons kyk met groot deernis terug op haar lewe. My hart breek by die gedagte dat my kinders nooit regtig vir oums Hansie geken het nie. Hulle het as kleingoed so graAg by ouma in die bef gaan le en dan is daar hordes stories van Groot Marico se bosveld en oorlog stories, oorgedra deur haar ma, vertel. Hulle ht behoorlik aan haar lippe gehang.

Geen prentjies of fotos vandag nie. Dis hoe my moeder was, sonder pretensies.

6 thoughts on “My moeder

  1. Dis so waar Scrapydo2. Ek het eers in my later jare n opregte bewondering vir my ou moeder gekry. So jammer, mens dink mos jy is self baie slim as jy jonk is. Die feit dat my ouers, ekwavalent was aan my maats se grootouers, het nie gehelp nie. Hulle ouers was so cool. Dom persepsie gewees.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s