(Skildery van kerk in Ille-a-la-crosse deur n vriend Johan Faasen)

20170306_122000

Presies hoe ver is ver? Dit het ek ontdek met my eerste reis na die kinders. Kanada is ver, twee lang vliegritte van 11 ure en ons is in Toronto. Daarna n nog een tot is Saskatoon, daar is die gelukkige weersien. Nog is dit einde niet, want nou le daar nog n moterrit van 5 ure voor. Genadiglik het ons almal eers vir 3 dae in Saskatoon gebly.

Julle moet weet as mens so remote bly, moet daar groot gekoop word as jy in die stad kom. Jy moet kan voorraad dra tot jou volgende besoek, wat so elke 6 na 7 weke plaas gevind het.

Ek was so beiindruk met die stad. Saskatoon is in 1883 gestig, die grootste stad in die provinsie Saskatchewan. Daar woon 265,300, volgens die 2016 sesus. Die mense is oral so vriendelik en behulpsaam.

Dit was wintertyd en n koud wat ons nog nie beleef het nie, ons het so gehoop dit sneeu terwyl ons daar is. Tydens ons rit na hulle klein dorpie in die Noorde word ons wens waar. So waar, dat dit nooit weer ophou sneeu het nie. So ons eerste kuier was in n wit sneeuland.

Ille a la crosse is die tweede oudste gemeenskap in Saskatchewan. Die naam beteken “where the rivers meet”. Inwonertal is 1 365. Daar is n hospitaal, laerskool, hoerskool, katolieke kerk, n diner, algemene handelaar, polisiestasie, kleuterskool, poskantoor. Die dorpie le aan die oewer van die meer met dieselfde naam.

Ons kleindogter het besluit haar adres is:”The green house in Lienke land”. Met ons Skype na hulle toe, was dit vir ons verstommend dat ons seun sou se, dat as dit -8 grade is, is dit n buite dag. Uit ons verwysings raamwerk, was dit bibber koud. Gou sou ons leer, dat dit met die regte klere aan n lekker buite dag is. Hulle temperature kon maklik in die -30’s ingaan.

FB_IMG_1488449863349

Dit was voorwaar n ondervinding en om daai klein handjie vas te hou net heerlik . Om ons kinders se lewens wyse in hulle nuwe wereld te beleef was besonders. Dis n wereld verwyder van ons lewe hier. Veral om so remote te bly het baie nuwe uitdagings gebring, plus die ekstreme temperature.

 

FB_IMG_1488449812198

Ons het debogan in die sneeu. Seun besluit ma woema nie vinnig genoeg nie. Hy gaan agtr my af en op n punt skop hy my bord om woema te gee. Ek woema toe op n kol oor n bump en daar trek my bril vooruit deur die lug en ek gly oor hom. Hy was nooit weer dieselfde nie. Nodeloos om te se, terug in SA, moes ek maar n nuwe kry.

 

 

 

5 thoughts on “Kanada

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s