My wereld is ses jaar terug heel onderste bo en agterste voor gekeer, toe ons kinders besluit om te emigreer na Kanada.

Hulle redes was geldig, my verstand kon verstaan, maar nie my hart nie. My hart was stukkend. Ons kleine poppie was nou op haar oulikste en het groot geraak in ouma se Bali winkel. Pappa het ook saam ouma gewerk. Hulle was daagliks deel van my bestaan.

Baie trane is gestort en ek was stukkend en my winkel was leeg. Ek ontdek n klein hand merk op die venster en verbied almal om die venster te was. Ek wil net daar staan en saggies my hand oor die handjie vou en naby haar voel. Klink bisar, maar n ouma hart is n ander ding.

Ons het wel geskype en sussie het ons gedruk op die skerm en gesoen, my hart wou elke keer net ingee van verlang na daardie klein lyfie. Ek was so bang sy sou vergeet…..

Sy was so klein, ek het geweet sy sal wel nie eendag ons leef tyd saam in die winkel kon onthou nie. Hoe ons deur die winkel geloop het en ek haar die name en geluide van diere geleer het aan die verskillende hout beeldjies van diere in die winkel. Ons staptyd in die kwekery, ons sit op die swaaibankie en die sing van, “🎶🎶skoppelmaai, skoppelmaai, tata mamma, tata pappa, ons ry op die skoppelmaai🎶🎶.”

Die eerste keer toe hulle kom kuier daar uit die sneeu wereld in “Lienke land”, by ons in “ouma land”, was die eerste paar oomblikke vreemd vir haar en toe was ek net weer haar ouma. Dit was so spesiaal dat ek haar toe weer die eerste keer weer gesien het in my winkel.

Nou is dit ses jaar later en soms, soos vanoggend verlang ek om my Lielie-lyfie vas te hou en my ouma wereld heel te laat word.fb_img_1488450121333

6 thoughts on “Ouma hart

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s