images.jpgMy dogter staan op die oomblik aan die einde van n seisoen in haar lewe en dit het my laat dink en bietjie in my trommeltjie laat grou.

Ons hele lewe is seisoene, soms is dit los skeur uit n ou seisoen en voel ons om n tantrum te gooi, want ons wil nie laat los nie. Soms hardloop ons weg van n ou seisoen omdat dit n moeilike tyd was.

Tog in elke seisoen word daar lewenservaring en kennis ingebou in ons. Reflekteet terug op jou lewe en kyk na jou seisoene, sien dan wat jy met jou kon saamneem in die lewe. Soms is daar soveel mooi gebore uit die sleg. In die woord se God vir ons dat Hy sieraad gee vir as. Uit die modder kom die mooiste lelies.

Ek moet se, ek sukkel nou al vir drie jaar om een seisoen regtig te laat los. Ek wil daai tantrum gooi omdat ek dit moes laat los. Dit is die ander ding, soms is dit nie uit vrye keuse nie, maar gedwonge keuse dat ons moet weg stap van n seisoen.

 

download

Elke seisoen se herfs bring saad vir die nuwe seisoen se groei en vrug dra.

Ek het bv vir n firma gewerk jare terug en dit was vir my n slegte tyd in my lewe, maar ek het soveel kennis en ervaring op gedoen dat toe ek my eie besigheid begin kon ek daardie saad so goed gebruik.

Wat ek net vandag vir my dogter wil se is: ” Ek weet jy is versigtig opgewonde oor hierdie ding van eie praktyk begin, maar ek weet, uit jou vorige seisoene is daar soveel saad wat jy kan saai in hierdie nuwe lente in jou lewe, dat ek weet jy gaan suksesvol wees. Loop net die pad met Jesus se hand in joune en delf uit jou trommeltjie die saad vir jou nuwe land.”

8 thoughts on “Seisoene

  1. Die ding van seisoene – ek is ook huidiglik in een wat my beangs opgewonde maak, en dit is om finaliteit oor die groot trek af Kaap toe te verewig. Ek is oortuig dat jou dogter met jou agter haar ‘n sukses van ‘n eie praktyk gaan maak – dit is sooooo mooooiiii skrywe hierdie x

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s