screenshot_2017-02-25-11-32-04

Ek is deur en deur n boeke mens. Die reuk van n nuwe boek, die reuk van n ou boek, die oopvou van n verhaal…

Boeke spreek diep tot my en ek kan baie lank tob oor n boek. n Verhaal is nie afgesluit as ek die boek toe maak nie, ek herleef en bedink hom van n kant af. Boeke kan my emosies oop sluit en laat vloei.

So vanoggend maak ek Die tuiskoms van Miena Afrika toe. Dit is die tweede boek in die reeks. Die laaste bladsye het die trane sommer vrylik gebiggel oor my wange. Aangrypende verhaal van hiedie kleurling kindjie/ vroutjie; asook soveel ander lewens ineen gevleg met hare.

Ek is al so moeg vir die holrug geryde rasisme en die verkeerdheid van ons voor vaders en ons. Tog gryp hierdie boek my vas en onderstreep die onreg van n bewind in n land teenoor onskuldige mense.

Dan vra ek myself af, as ek nou as n kleurling gebore is in die apartheids jare of moes uitvind in daardie tyd dat een van my ouers n kleurling was….. Wat dan…..

Lees gerus hierdie boeke en gaan sit en dink…..

8 thoughts on “Boeke

  1. Gaan die boek koop en saamvat as ek vlieg. Dis lekker as jy eerste lees, sodat ek kan weet dit is goed. Het al na ñ paar voorlesings van die boek oor RSG geluister. En die onderwerp interesseer my ook baie.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s