In my wandel as kind van God was ek aanvanklik baie konserwatief. Ek het so groot geword in die kerk. Was in my kokon, veilig in dit wat ek geglo het en in my manier van doen.

Genadiglik het Jesus en Heilige gees besluit om my los te knoop en oop te maak. Ek het n Lofprysings kurses bygewoon en daar is ek omgedop. Onder andere het ek tydens n lofprysings sessie n stem in my hart hoor fluister dat ek dans terug kry. Nou kan ek vir Hom dans.

Hierdie is die begin van n lang storie. In n neute dop – Ek het by n groep uit gekom en vir Hom begin dans, dit het my op n pad van, in baie verskillende kerke bedien. Vreemde kerke soms, nuwe omstandighede. Deur influistering van Heilige Gees kon ek presies dit ervaar – Vreemd in nie noodwendig verkeerd nie.

My oe is oopgemaak vir ander se denke en maniere. Ek is vandag so bly dat hierdie deel van my geword het. My geloofspaaie het wyd gedraai en ek het gegroei in die proses. Ek het geleer dat al stem ek nie saam met sekere maniere nie en is dit nie vir my nie, het ek in die gees gevoel dit is ook reg vir hulle. Solank my gees in my kon getuig dat dit tot eer van die Here is, is dit reg. Daar was tye dat my hele binnemens geweet het, dis nie reg nie en ek weg gestap het.

Later het ons pastoor hierdie verwoord deur hierdie … vreemd is nie noodwendig verkeerd nie. Asook – Meet enige saak in jou lewe aan vrede. As jy nie vrede het nie, stap weg en skud dit van jou af.

n Vriend het vertel – Ons is in hierdie wereld soos eende op legio dammetjies. Elkeen op sy eie veilige dammetjie, maar eendag as Jesus op die wolke kom, is ons op een groot dam en val die menslike verskilletjies totaal weg.

Kom ons respekteer ander se maniere en denke en fokus op een gemeenskaplike faktor – Ons liefde vir Jesus Christus.

7 thoughts on “Anders of vreemd is nie noodwendig verkeerd nie.

  1. Jinne my sussie, nou praat jy – as pastoriekind kon jy nie meer konserwatief as ek grootgeword het nie! Daar was streng gehou by die bollatjie en hoed en bewaar as jy die hemel sonder dit mis. Sport was sonde en moes ek skelm tydskrife onder my bed lees.

    Hoe kosbaar – beland ek toe (alreeds getroud) by ‘n Woord in Aksie vrouekamp (ek noem spesifiek die naam, hul is ‘n tussen-kerklike bediening) en daar word ek omgedop. Sê maar wedergeboorte het in hierdie pastoriekind ‘n vuur aangesteek. Ek praat van so 15 jaar gelede. Ek wou so graag hierdie konsep vir alle godsdienstige (kerk) mense, wat eens in ” kettings van sondebewustheid”, soos ek was, skenk. Daar ontstaan toe ‘n begeerte na hierdie naweekkampe.

    Vandag maak ek hierdie baba groot in ons Limpopo-streek. Ek dit groei fenominaal. Vrouens is stukkend, mans loop met vrees rond, en huwelike is op die rotse.

    Mag ons elke dag ons Vryheid in HOM besing,
    Mag ons nooit vergeet dat ons skeppingsdoel hier op aarde oor ‘n LIEFDESVERHOUDING met Hom, gaan.
    Mag dit in jou dans-bediening uitstroom dat Jesus Christus net liefde is.
    Want ek en jy is duurgekoop, vrygemaak en kosbaar in Sy oë.

    Liked by 1 person

    1. Inter kerklik is waarvan ek hou, ons is tog een liggaam in Christus Jesus.
      Ek het op gehou dans jare terug. Nie n amptelike besluit nie, dit het net gebeur.
      Ek dink dis een van die dinge wat depressie by my kom steel het. Die gewigte aan my voete het nie gehelp nie. Dis ook dievtyd toe ek op gehou hardloop het, maar hierdie gaan nie oor my nie.
      Hierdie is ons “agree to disagree” in ons lewe op aarde as die liggaam van Christus.
      Dis so wonderlik hoe ons losgeknoop word in ons wandel met Jesus, hoe Heilige Gees ons met sagte influistering vry maak van bande van sonde en dood.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar