Snaaks hoe een item, reuk of smaak n onthou kan trigger.
So is ek besig om sementblokke te maak vir my tuin, die een se klippe voetjies voer my terug na een middag….
Ek en een van my hartsvriendinne kuier op die trappie voor hulle deur by hulle kleinhoewe, op Harties. Elkeen met n glas wyn in die hand. Let wel, n eerste glasie. Ons gesels soos altyd oor ons lewenspaaie, raak diep….
Sy merk uit die bloute op: “Jy het darem lelike tone” vir n oomblik, heel geskok, kyk ek na my tone. “Ek dink hulle is heel ok”, waarna ons uitbars in n lekker lagbui.
Ek het sommer lekker gegiggel by die herinnering, so al werkende.
Vriendin, hoekom die voetjies my aan die insident laat dink, weet ek nie. Dit het egter sommer n string lekker saamwees tye se onthou getrigger. Ek dink nog steeds, my tone is nie te bad nie. Jy ook nie, sal jou maar nog bietjie hou as hartsvriendin. Ek voorspel ons het nog baie saam lag oor.
Sjoe, ek was darem maar dodelik eerlik op my dae! ☺☺☺ Moet sê, daar is ñ defnitiewe verbetering, is dit dalk die kleursel?xxx
LikeLike
Ouer tone kan nie mooier lyk as jonger tone nie, of dalk is dit omdat hulle vetter is? Haha. In ware vriendskap moet mens kan eerlik wees.
LikeLike
Ek dink ek het dieselfde onderwerp aangeroer met my 1ste blog wat niemand nog tot op hede gelees het nie. 😊
LikeLike
Ek gaan hom soek
LikeLiked by 1 person
Sy titel? Kan jy onthou?
LikeLike