Twee mense staan op die trap, gereed om na n funksie te gaan. Op die oog af lyk hulle gelukkig, maar kan mens ooit regtig bepaal wat in die binne mens aan gaan.

My gedagtes dwaal terug na die tyd voor hierdie oomblik. Die tyd waarin die monster stukkie vir stukkie verwoesting gesaai het.

14073846-skull-tshirt-design-in-shadow-on-the-black-background

Dae waarin daar geveg is teen gedagtes wat wil neig na die ewige rus. Stelselmatig sit jy en beplan, konstruktueer jy planne, om n suksesvolle selfdood uit te voer. Een wat die maklikste deur die mense om jou verwerk sal word.

Jy sleep deur die dae met n groot gewig aan jou voete en jou hande is dom. Alles in jou is dood, moeg,swaar en donker.

Elke dag trek die monster jou dieper die duisternis in.

Elke oggend sit jy jou masker van normaliteit op. Niemand moet weet van hierdie duisternis in jou nie. Jy en die monster word geheime venote. Jy weet jy moet die wat jy lief het beskerm teen die monster, jy moet hulle weerhou om te sien hoe swak jy is.

Jy sit op die bank, as jy alleen is en staar in die niet, terwyl jou gedagtes weghol met jou. Oor en oor beplan jy, jy begin dit selfs beleef, in so n mate dat jy buite die prentjie staan, jy is n toeskouer van dit wat jy beplan. Soms is dit so werklik dat jy n traan stort by die, jy-in-die-prentjie, se dood.

Dit pla jou dat jy soms tyd verloor (time-lapse). Tyd waarin jy nie bewustelik deel was nie. Tog het jy in daardie tyd fisies geleef. Blanko tye, waarna jy met n skok na realiteit sou terug keer en besef jy weet nie hoe het jy hier gekom, waar jy nou is nie.

Jy besluit, jou mense sal beter af wees sonder jou. Jy is n meulsteen om hulle nekke en as hulle moet weet van jou monster sal hulle jou verag.

Die man en die vrou staan op die trap, oppad. Daar word n foto geneem.

Op pad terug die aand na die funksie, hulle het n verskilletjie maar vir haar raak gewone woorde dolke wat haar fyn kerf. Dit word alles oorweldigend. Sy weet dit is die einde. Sy kan nie meer voirtgaan nie. Gedagtes rol oor mekaar, terwyl trane vloei. Sy is sleg, n nikswerd, n teleurstelling, n niemand. Sy bring net ellende om haar, sy gaan hulle versmoor, sy moet weg, weg, weg…….

Daar daal n doodsheid oor haar en haar plan kom in werking. Sy weet as sy eers in haar bed is en slaap, sal haar man saggies in die bed klim sonder om haar te steur. Hy sal eers die volgende oggend onraad merk en dan is dit te laat.

Die pille sluk sy met water af, nog en nog en nog. Sy begin dom voel, slaperig…. klim in die bef en weet, dis verby….

Die aand sou die Here egter n onrustigheid in haar man wakker maak. Hy roep na haar toe hy in die bed is, skud haar en rooi ligte flits in hom.

Die pille was genoeg vir n versekerde dood, vertel die psigiater later. Dis net genade dat sy leef.

Die monster kry n naam -depressie.45041668-monster-with-shadow-in-the-open-door

3 thoughts on “Die monster

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s