So vat die man met die hoed my terug na my kinderdae kuier by oupa in sy hartbeeshuisie op n plaas in Groot Marico.
Vroeg more se wakker word met die geknetter van die vuur in die koolstoof en die sis van die ketel op die stoof is so helder voor my. Mammie het dan al koffie gemaak, dit staan in trek in die emalje pot met n sakkie binne in, die geur – hemels. Sodra sy sien jy is wakker word n beker koffie met kondensmelk geskink. Daardie smaak neem my altyd terug na so n kosbare tyd in my lewe.
As jy vroeg genoeg wakker geword het, sal jy oupa hoor… Elke more le oupa en hou stiltetyd. Hy se n hoofstuk op uit sy kop, bid en sing dan n Psalm of Gesang, al die strofes. Hieroor sal ek op n ander dag blog, n spesiale storie op sy eie.
Wat n kosbare herinnering uit my trommeltjie, dit verwarm my hart om dit so in my gedagtes te herleef. Wat n voorreg was dit nie om in daardie armoedige huisie te kuier nie.
Sjoe, dit is voorwaar ñ kosbare herinnering, Trommeltjie.
LikeLiked by 1 person
Ek ruik die koolstoof terwyl ek so lees, ek sien waar al ons kinders en kie om die laaaaannnng tafel sit vir huisgodsdiens, terwyl ek hard konsentreer oor oupa se lees, want behoede my as hy my iets vra rondom sy lees en ek kan nie antwoord nie. Ek onthou, danksy jou skrywe….
LikeLiked by 1 person
Klein reukies en proe wat mens terug neem na onthou tye. Kosbaarhede wat geld nooit kan koop nie.
LikeLiked by 1 person
Dis een van die dinge wat ek mis in my lewe; ek het nooit my oumas en oupas geken nie. Hierdie soort herinneringe kan ek net tweedehands ervaar – dankie vir die deel.
LikeLiked by 1 person
Ek het ook net een oupa gehad en hy was baie oud, aangesien ek n laatlam was. Hy was nie werklik ooit betrokke by ons kinders nie. Wens ek het my oumas geken.
LikeLiked by 1 person